Al minder rokers, sê WGO

Argieffoto (Foto: Myriams-Fotos / Pixabay)

Die getal volwasse tabakgebruikers is besig om te daal, het die Wêreldgesondheidsorganisasie Dinsdag gesê, maar waarsku dat Groot Tabakmaatskappye hard werk om jongmense te lok.

In 2022 het een uit elke vyf volwassenes wêreldwyd gerook of het ander tabakprodukte gebruik, in vergelyking met een uit elke drie in 2000, het die VN se gesondheidsagentskap gesê.

ʼn Nuwe WGO-verslag oor die voorkoms van tabakgebruik tussen 2000 en 2030, wys dat 150 lande suksesvol tabakgebruik verminder deur regulasies, hoër belasting en ander maatreëls.

Dit waarsku egter dat die tabakbedryf pogings verskerp om dié vordering te ondermyn, insluitend “sistematiese pogings om kinders met hul hoogs verslawende produkte te lok”.

“Hulle wend, wat ek sou noem, kriminele pogings aan,” het Ruediger Krech, direkteur van die WGO se departement van gesondheidsbevordering, aan verslaggewers in Genève gesê. “Hulle maak mense dood en hulle doen steeds alles in hul vermoë om lande se baie goeie pogings te ondermyn.”

Tabakgebruik veroorsaak na beraming steeds meer as 8 miljoen mense se sterftes per jaar, insluitend sowat 1,3 miljoen nierokers wat blootgestel word aan tweedehandse rook, wys WGO-statistieke. Die WGO waarsku dat, alhoewel rokersgetalle verminder, sal dit dekades neem voor die getal tabakverwante sterftes sal volg.

Die WGO sê alhoewel die getal rokers stadigaan verminder, sal die wêreld sy teiken van ʼn 30%-afname in tabakgebruik tussen 2010 en 2025 misloop. Altesaam 56 lande wêreldwyd sal egter na verwagting wel dié teiken haal, insluitend Brasilië, waar tabakgebruik sedert 2010 reeds met 35% afgeneem het.

In ses lande het tabakgebruik toegeneem sedert 2010, naamlik die Republiek van die Kongo, Egipte, Indonesië, Jordanië, Moldowa en Oman.

Oor die algemeen sal tabakgebruik wêreldwyd met ʼn kwart verminder oor die 15 jaar-periode tot 2025, aldus die verslag.

“Goeie vordering is gemaak, maar daar is nie nou tyd vir agteroorsit nie,” het Krech bygevoeg. “Ek is verstom oor hoe ver die tabakbedryf sal gaan om wins na te jaag ten koste van tallose lewens. Die oomblik dat ʼn regering dink hulle het die stryd teen tabak gewen, gebruik die tabakbedryf die geleentheid om gesondheidsbeleide te manipuleer en hul dodelike produkte te verkoop.”

Hy het ook verwys na die bedryf se bevordering van e-sigarette, damprook en ander rooklose produkte.

Alhoewel tabakmaatskappye volhou dat hulle nie jongmense teiken nie, sê Krech die produkte word aangebied in “duisende geure en meeste daarvan is aanloklik vir kinders, soos vanilla-roomys of Gummy Bears”.

Die WGO maan alle lande om beleide vol te hou en te verskerp om “inmenging deur die tabakbedryf teen te staan”.

Volgens die verslag gebruik sowat 10% van 13- tot 15-jariges wêreldwyd een of meer tipes tabak. Dit kom neer op minstens 37 miljoen tieners, insluitend minstens 12 miljoen wat nuwe rooklose tabakprodukte gebruik. Die verslag benadruk dat dié getalle ʼn onderskatting is, aangesien meer as 70 lande nie enige data verskaf het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

sterk soos n beer ·

rook moet totaal en al verban word. dit mors mens se gesondheid op.

Rooi rissie ·

Ek dink elke mens het die reg om keuses en besluite te maak van hulle eie of hulle wil rook of nie. Rook word altyd blameer vir gesondheids probleme maar die wetenskaplikes het bewys dat dit in jou gene is om gesondheids probleme te ervaar en te hê. Ek dink as ons mekaar se keuses respekteer en aanvaar sal die lewe soveel beter wees vir almal ipv om mekaar te oorheers en te oordeel.

Johan ·

Mense kan hul tog so oor ander aanstel, verban dan rooivleis en motors ook (hul probeer wel om dit te doen). Die WGO moet hulle politiekery net staak. Na hul c19 fiasco wil ek niks met hulle te doen hê nie. As jy nie wil rook nie bly weg, maar los ons uit man.

Anel ·

Wettige verkope word geteiken sodat onwettige handel kan oorneem! Kyk maar hoe het dit floreer met covert. Ek self haat rook. Kry sinus. Maar die WGO glo ek niks van nie en vertrou hulle nog minder. Jare terug het my ma se dokter in Frankryk vir haar gesê om te rook om van die stres wat ‘n diplomaat se vrou moes deurgaan te verlig. Sy was ongeveer 35. Sy is vandag 87 en stooh nog een stryk deur, sonder enige gesondheidsprobleme! En gedurende civert was dit meestal die rokers wie se longe gehou het. So, los die mense uit. As mens na almal se argumente moet luister oor wat alles sleg is vir jou, sal niemand meer iets kan eet of drink nie want daar is fout met alles. Wees eerder bekommerd oor dwelmmisbruik wat regtig sy gebruikers dood maak. Selfs die “onskuldige” dagga!!!!

George ·

Daar kan minder rokers wees (tradisionele rokers, sigarette) maar daar is meer “vapers” daar is meer nie-rokers wat skielik begin vape het, en oor 10/15 jaar gaan ons die gevolge sien. Onthou in die 50s – 70s wat sigarette as gesondheids middel verkoop. Sit rokers en vapers bymekaar, en dan sien julle die ware getalle.

Highlander ·

@sterk soos n beer. Soos ek al baie vir mense gese het. Daar is meer sterftes of n treadmill of oefenfiets as met n sigaret in die hand. As jy nie hou van rook, vermy rokers. Hulle sal dit ook waardeer.

Highlander ·

@Johan. Deur die hele pandemie het nie een roker wat ek ken, siek geword. Maar toe kom die groot toets histerie, en na n paar van hulle verpligte toets eondergaan het onder andere vir reis of werk, word hulle ook siek. Ek het nog nooit n toets gehad nie. Toe iemand n toets probeer aanbied, verduidelik ek in geen onsekere taak wat met daardie stokkie gaan gebeur as hul nader kom. En ek was nie eenmaal siek nie

Highlander ·

@George. ‘n Pizza by die grootste take awy het meer voedsaamheid as enige braai wat jy beplan. Kwaai sorry.

Highlander ·

Een ding wat ek vinnig geleer het in loackdown. Lockdown brand sigarette is niks slegter as winkel sigarette. Inteendeel. Dit het minder byvoegings. Ek rook vir die nikotien. Want dit werk. Ek kan n hele dag glad nie rook en 10 inryg in die aand sonder om deur die dag iemand se kop af te byt.

Janine ·

Ai… los tog ons rokers uit! Ons betaal daarvoor. Dis ONS longe. Snaaks hoe maklik iemand noem dit moet totaal verbied word… Ons het dit nodig om nie jou tipe suurknol te verwurg nie. Gaan eet jou olierige stuk pizza of ongesonde ‘garage pie’, en los ons uit!

Gaitsigubib ·

Sterkman wat is dit wat jou meer spesiaal maak as enige ander persoon op moederaarde dat jy die bloudruk moet skryf van hoe mense lewe? Ek rook nie maar as ek wil sal ek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.