Bloodhound LSR haal meer as 1 000 km/h

Bloodhound (Foto: The Bloodhound Project/Facebook)

ʼn Supersoniese motor van die Bloodhound-landspoedrekordspan het Saterdag 1 010 km/h gehaal.

Die blitsige motor het vroeër reeds een van die wêreld se 10 vinnigste motors geword en die teiken, om ʼn nuwe landspoedrekord op te stel, is in die vooruitsig.

‪Die span het Saterdag op Facebook bevestig hulle het 628 mph (1 010 km/h) op Hakskeenpan in die Noord-Kaap gehaal.

“Die gevoel in die motor is fantasties,” het bestuurder Andy Green Vrydag aan die Associated Press gesê.

Die motor word aangevuur deur ʼn Rolls-Royce EJ200, dieselfde stralerenjin wat in die Eurofighter Typhoon-stralervliegtuig gebruik word. Die motor jaag só vinnig oor die soutpan dat ʼn dubbele valskerm gebruik moet word om dit tot stilstand te bring.

Bloodhound, met dieselfde aërodinamiese lyne van ʼn vuurpyl, is in Engeland ontwerp en gebou deur Grafton LSR. Dit is uit mekaar gehaal en met ʼn vliegtuig na Suid-Afrika vervoer waar dit weer aan mekaar gesit is.

Die 57-jarige Green was ʼn vegvlieënier in Engeland se Royal Air Force.

Bloodhound (Foto: The Bloodhound Project/Facebook)

Hy en die Grafton-span is vol verwagting om binne die volgende jaar die huidige landspoedrekord van 1 227 km/h te verbeter. Green het daardie rekord in 1997 met ʼn ander motor opgestel.

Die uiteindelike teiken is om Bloodhound se stralerenjin met ʼn vuurpylenjin aan te vuur en veilig 1 000 mph (1 609 km/h) te haal – wat vinniger sal wees as die klankgrens (1 234 km/h).

Volgens Green is Hakskeenpan die ideale ligging.

Die Noord-Kaapse regering het meer as 300 persone van die plaaslike Mier-gemeenskap aangestel om oor ʼn jaar lank meer as 15 000 metrieke ton klippe van die 19 km lange baan te verwyder, het Jules Tipler, woordvoerder van Bloodhound, gesê.

“Hulle het die beste reguit hoëspoedbaan in die wêreld geskep,” het Green bygevoeg en gesê dit is selfs beter as die Black Rock Desert-baan in Nevada in die VSA. “Die baan is harder, het ʼn beter oppervlak en die weer is baie beter. Ons het ses maande se skoon weer om hier te toets.”

Volg Bloodhound se vordering op Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Gerhard ·

Baie opwindend!
Net een opmerking: Hoe kan die artikel na die motor as “supersonies” verwys as dit nog nie vinniger as die spoed van klank gery het nie?

Adri ·

Nog ‘n vraag: word die stralerenjin deur ‘n vuurpylenjin aangevuur of vervang? Beteken dit dat die toekomstige projek twee enjins sal hê: ‘n straler- asook ‘n vuurpylenjin? regtig?

Mathys ·

Hulle sê “supersonies”, want die voertuig het die vermoë om 1600km/h te haal, so alhoewel hy nog nie het nie, is hy ontwerp om daardie spoed te behaal. Die vuurpylaanjaer is ‘n soort soliede brandstof wat hulle in stralerengins gebruik, wat voor die vloeistof-brandstof verbrand om maksimum dryfkrag te bewerkstellig, soos wanneer jy ‘n straler op ‘n skip wil laat opstyg en jy het ‘n kort aanloopbaan, dan gebruik hulle die vuurpylaanjaer om vining spoed op te tel.

Johann cb ·

Ek glo nie ons kan na hierdie vuurpyl as ‘n motor verwys nie! Dit is erg onrealisties! Dit is nie ‘n padmotor nie, en ons het spoedbeperkings op alle paaie!

JohanR ·

Seker probeer wegkom van kapers. Dit is nou eens Suid Afrika, en hulle is orrels!

bokke ·

Ek het nie geweet Hakskeenpan is die wereld se grootste onverwerkte soutpan nie.

Tant Anna ·

Boetman Andy, vlieg hoog! En as jy n CO-PILOT soek, is die tante GAME enige tyd.. !!!

Stephen ·

Die inisiatief wat geneem is deur die Noord Kaapse regering is prysenswaardig
om die Mier gemeenskap die geleentheid gee om inkomste te verdien, en nie weer n tender aan n korrupte spul amptenare toeken wat die geld self opslurp nie. Hierdie is n vergete gemeenskap.
Wel gedaan en julle verdien lof Noord Kaapse Regering.
Daar moet meer inisiatiewe vir hierdie afgelee gemeenskappe geskep word.

Wielspore ·

Die motor is wel supersonies want hy is ontwerp om meer as 1235km/h te behaal, hy het dit wel nie met hierdie geleentheid gedoen. Hier is werk geskep in ‘n area waar werkloosheid baie hoog is en dit het SA weereens op die kaart geplaas. Goeie werk.

Sarel ·

Boys and there tots…. weet nie wat die verskil sal wees as hulle 3000 myl/hr haal of nie. Dis nou nie asof ons daadie tegnologie gaan aanwend in ons huidige Euro4 1.1 turbo commonrail diesel.petrol of elektriese motors nie. As hulle dit met waterstof gas generators aanboord gedoen het was dit iets werd. Die toekoms van motors lê in waterstof gas en elektries.

Jaco ·

Hoekom spandeer julle geld aan n kar wat nie op gewone pad kan ry nie?

Michael P ·

Wat sal ek nie gee as ek net n passesier in daardie vuurpyl kan wees nie daai g-force ai man dit moet magic wees vir daai paar sekondes

HPV ·

Jy kan daardie “g-force” ook beleef in ‘n “top fuel dragster” met ‘n Hemi V8 motor waarvan die wêreldrekord tans op 535 Kmh teen minder as 5 sekondes oor 400(1/4 myl) meter staan.

Michael P ·

Ja HPV ek het so n paar jaar terug op Carltonville gesien hoe jaag daardie V8 s ag maar daar was nie n plekkie op n agter seat vir my nie LOL.

Attie. ·

Dien ‘n landspoedrekord enige doel? Ek dink dis net geldmors.

Mario ·

Die vraag is hoekom die spoed rekord najaag
As jy kan antwoord hoekom n man op die maan
hoekom n na moontlik na Mars
hoekom klim mense Mount Everest
Hoekom klim mense berg
Hoekom destyds Sir Malcolm Campbell met sy Bluebird op die soutpanne in Bonnyville in Utah
Daar vloei tog baie tegnologie en werks geleentheid uit so iets. Die mens wil nuwe dinge en mylpale skep. In elk geval sommiges

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.