Britse vrou se oorskot ontbind in huis

Sheila Seleoane (Foto: Twitter)

ʼn 61-jarige Britse vrou wat familie in Suid-Afrika het, se oorskot is ná meer as twee en ʼn half jaar in haar woonstel in Engeland gekry.

Die Daily Mail berig die vrou, wat as Sheila Seleoane geïdentifiseer is, is reeds in 2019 dood, maar haar oorskot is eers in Februarie gevind. Sy is in Engeland gebore en was ʼn mediese sekretaresse.

Seleoane se oorskot is op haar rusbank gevind. Volgens die polisie was daar afgeblaasde partytjieballonne rondom die oorskot. Die rede vir die ballonne is nog nie bekend nie.

Volgens die berig het die bure die afgelope twee jaar gekla oor ʼn reuk wat uit Seleoane se woonstel kom, maar niks is daaromtrent gedoen nie. Onoopgemaakte pos het ook al by haar posbus uitgepeul.

In Februarie, toe Seleoane se balkonvensters – wat langer as twee jaar toe was – begin oop- en toeslaan, het die bure alarm gemaak. Die polisie is ontbied en het op haar liggaam afgekom.

Die polisie het bevestig dat Seleoane aan natuurlike oorsake gesterf het. Hulle vermoed geen vuilspel nie.

Seleoane se langverlore familie in Suid-Afrika het haar nog nooit ontmoet nie. Die enigste familie wat sy in die Verenigde Koninkryk het, is ʼn vervreemde broer wat ʼn veroordeelde moordenaar is.

Haar oorskot is na haar familie in die Oos-Kaap in Suid-Afrika gestuur. Seleoane se ma, Adelina, het in 1954 van Suid-Afrika na Engeland geëmigreer om as huishoudster vir ʼn dokter in Londen te gaan werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christine ·

Genade, hoe dom moet mens wees om die reuk te kry en die vrou nooit te sien nie, maar nie twee en twee bymekaar kan tel nie.

Dries ·

Alle aanduidings dat alles nie pluis is nie, die reuk, die posbus. Leef mense dan so by mekaar verby.

KatjieDeKat ·

Dis hartseer want dit se vir my sy het nie n paar goeie vriende of vriendinne eens gehad, wat sou kom kyk het hoekom hulle niks van haar hoor nie. Net hartseer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.