Brittanje keur Covid-19-pil goed

Covid-19-pil (Foto: Merck & Co., AFP)

Brittanje het Donderdag die antivirale pil vir die behandeling van Covid-19 goedgekeur en is die eerste land ter wêreld om dié stap te doen.

Die pil is ontwikkel deur die Amerikaanse farmaseutiese reus, Merck & Co., en word gebruik om Covid-19-pasiënte se simptome – wat matig tot ernstig kan wees – te behandel.

Sajid Javid, minister van gesondheid in Brittanje, het dié dag as ʼn geskiedkundige dag vir die land bestempel aangesien die Verenigde Koninkryk nou die eerste land ter wêreld is wat die pil goedgekeur het.

“Die pil is ʼn baanbreker-behandeling en sal menselewens red,” het Javid gesê.

Die antivirale pil, genoem molnupiravir, verminder die vermoë van ʼn virus om te repliseer en sodoende vertraag dit die siekte.

Die Britse regulerende agentskap vir medisyne en gesondheidsorgprodukte (MHRA) het gesê sy proewe het bevind dat die pil “veilig en doeltreffend is om die risiko van hospitaalbehandeling en dood te verminder”.

Gegrond op die kliniese proefdata, is die middel die doeltreffendste wanneer dit tydens die vroeë stadiums van die virus geneem word en die MHRA beveel aan dat dit binne vyf dae ná die aanvang van simptome gebruik word.

Dit is goedgekeur vir gebruik in mense wat minstens een risikofaktor het vir die ontwikkeling van ernstige siektes, waaronder vetsug, ouderdom, diabetes en hartsiektes.

Brittanje, een van die lande wat die hardste deur die pandemie getref is, het op 20 Oktober aangekondig dat hy 480 000 dosisse molnupiravir van Merck bestel het.

Dwelmreguleerders in die Verenigde State en die Europese Unie het reeds met ʼn evaluering van die middel begin.

Merck het reeds ooreenkomste met ander regerings onderteken, waaronder die VSA, wat beplan het om 1,7 miljoen dosisse van die pil te koop indien dit deur reguleerders goedgekeur word.

Dit vervang nie die entstof nie

June Raine, uitvoerende hoof van die MHRA, het die pil beskryf as nog ʼn terapeutiese middel om by die wêreld se wapenrusting teen Covid-19 te voeg.

“Dit is ook die wêreld se eerste goedgekeurde antivirale middel vir hierdie siekte wat per mond geneem kan word eerder as om binneaars toegedien te word. Dus kan dit buite ʼn hospitaalopset toegedien word,” het Raine gesê.

Volgens Munir Pirmohamed, voorsitter van die Kommissie vir Menslike Medisyne, is dit in kliniese toetse bevind dat die middel doeltreffend is om die risiko van hospitaalopname of dood vir volwassenes wat nie in die hospitaal opgeneem is nie, met 50% te verminder.

Kenners het gewaarsku dat die behandeling geen wondermiddel is nie en Pirmohamed het gesê dit is nie bedoel om as plaasvervanger vir inenting teen die virus gebruik te word nie.

ʼn Eenvoudige pil om Covid-19 te behandel is sedert die aanvang van die pandemie gesoek en Merck se aankondiging van sy proefresultate is beskou as ʼn groot stap in die rigting van daardie doelwit.

Tot nou toe is Covid-19-terapiemiddels soos monoklonale teenliggaampies en Gilead se remdesivir – gemagtig vir gebruik in die EU onder die naam Veklury – binneaars toegedien.

Molnupiravir is aanvanklik ontwikkel as ʼn inhibeerder van griep en respiratoriese sinsitiale virus (RSV) – twee ander belangrike akute respiratoriese infeksies – deur ʼn span by die Emory Universiteit in Atlanta, Georgia.

Merck doen ook ʼn aparte kliniese proef vir ʼn tweede gebruik van die middel, as maatreël om te verhoed dat mense wat in noue aanraking was met diegene wat die virus dra ook Covid-19 opdoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Anel ·

Hoe neer dae hoe meer dinge, nê. Wat is volgende? Covirdvrye kos, water ens! Nog ‘n geldmaak storie. En hoeveel mense gaan niu weer hiervoor val. Maak almal paranoïes, dra ‘n masker en ontsmet jou hande 1000 op ‘n dag, dan gaan jy nie siek word nie. Toe kom die spuit by, saam met die masker en al die ander goed, en nou met alles saam nog ‘n pilletjie ook! Maak oop julle oë, mense. Die wat skape wil wees doen so voort. Los ons ander wat ons gesonde verstand gebruik uit. Hou op om ons met allerhande goed te dreig. Dis onwettig. Ons grondwet beskerm ons!!!

Marianna ·

Wat is die newe effekte van molnupiravir? Remdesivir word in hospitale gegee vir pasiente en die newe effekte laat mens wonder. Ivermectin baie beter. Side effects Remdesivir: severe headache, pounding in your neck or ears;
fast, slow, or pounding heartbeats;
wheezing, trouble breathing;
swelling in your face;
nausea;
fever, chills, or shivering;
itching, sweating; or.
a light-headed feeling, like you might pass out;

Vir Molnupirivir is daar nog nie ‘side effects’ bekend nie. Ek vertrou nie ‘n pil wat nie vir my sy side effects kan gee nie. Hierdie pil is ook vinnig ontwikkel en is nog nie behoorlik getoets nie.

Yolandie ·

Remdesivir veroorsaak ook moontlike nierversaking……en ander issues. Laat mens wonder of ons medisie nie bydrae tot die sterftes deur die middel aan pasiente te gee nie. Eerder blykbaar dit as ‘n middel soos Ivermectien wat oor die 40jaar op die mark is wat die Nobel prys ontvang het.

Rooikopheks ·

Lees bietjie die “side effects” van gewone oor die toonbank meds, ook sommer jou voorskrif meds wat jou dr vir jou voorskryf, dan sal jy eerder net water drink vir al jou skete en kwale (as dit skoon is).

MakersMark ·

Skaapdip werk nie vir CV19 nie. Lewerversaking oor die lang termyn.

Yolandie ·

Jy kry Ivermectin vir menslike gebruik (dit is in pil vormaat) ……..maar ek skat aangesien die produk nie ‘n geleentheid is om geld te maak nie word dit gediskrediteer . Dit is nie net medikasie wat aan diere gegee word vir parasiet behandeling nie. Ek nooi jou uit om asb te gaan oplees oor die middel.

piet ·

Iver gee asma. Los dit maar vir vee. Wetenskaplik bewys dat dit nie vir Covid werk nie.

Francois Le Cochon ·

Marianna, laboratoruimtoetse het bevind dat die iname van Ivermektien, C₄₇H₇₂O₁₄ (H₂B₁b), teen 300 maal die voorgestrewe dosis, die covid virus doodmaak. Dit beteken dat jy 300 tablette op een slag moet drink. Die neweffek is dat jy onmiddelik sal sterf van “Dihydroavermectin” vergiftiging. Ivermektien is dus nie wat jy dink dit is nie.

Belinda ·

Nou ja nou kan hulle ophou om die spuit in ons kele te wil afdruk en dit maar vir die siekes in die hospitaal voer vir die wat dit wil neem….

Patch ·

Wonder net of jy die afgelope twee jaar ‘n familielid in ‘n hospitaal gehad het met ernstige Covid simptome of ‘n familielid agv Covid aan die dood afgestaan het? Of self dit so erg gehad het dat jy voel jy moet afskeid neem?

Andrew ·

Die wapenrusting gaan saam met natuurlik immuniteit net verbeter met tyd. Maar tot dan maak hulle te veel shillings met die vrye publusiteit van die media.

Andrew ·

Eish, duimpie af. nog n ge-ente wat bang is om siek te word deur n “nie” ge-ente persoon.

Genis ·

Hier is in SA ook, ek gebruik al lank Nutramed se Virocdin….

Hennie ·

Ivermectin is baie veiliger, het n langer “track record” en het ins as gesin lag-lag deur die China virus gekry. Hoekom nuwe, meer gevaarlike middels vervaardig as die verdomde antwoord reg voor hul oë is?
Mog die Vader in die Hemel die drommels met VUUR beantwoord! Ons is SY EIENDOM, nie n stupid regering sn nie!

MakersMark ·

As jy in die toekoms dringende mediese hulp nodig het bid net en wag……..

VaalDonkie ·

Bid en wag is beter as om staatshospitaal toe te gaan.

MakersMark ·

Skaapdip werk nie vir virusse nie net vir sekere parasiete. CV19 is ‘n virus.

Nicolaas Hendrik ·

Ivermectin is nie n skaap dip nie, WAAR VAL JY UIT

MakersMark ·

Daar is twee tipes, een vir behandeling en voorkoming van parasiete in diere, soos perde, beeste en skape. En ‘n ander vir behandeling en voorkoming van parasiete in mense. Voor die menslike tipe toegelaat is het baie sommer die diere tipe geneem veral gedurende die hoë CV19 infeksies in 2020 en 2021. Die idee dat dit werk vir CV19 is edel maar ongelukkig is CV19 ‘n virus en nie ‘n parasiet nie.

VaalDonkie ·

Die verskil tussen die twee is dat die diere-middel silika gel bevat en ‘n lekker geurtjie het sodat Stefaans die Reisiesperd dit nie uitspoeg nie. Ontspan tog net asseblief. Want die goed werk deur aan die virus te bind en sodoende te keer dat dit aan jou selle bind. Gaan lees maar self. Die uitvinder het ‘n Nobelprys gekry daarvoor.

MakersMark ·

Ek ken die geskiedenis en ontwikkeling van die produk. Ivermectin is in die ’70’s as ‘n anti parasitiese middel in diere gebruik, teen platwurms en rondewurms. Asook luise en vlooie. Na jare se navorsing is die produk aangepas vir menslike gebruik, meestal teen parasiete bv onchocerciasis, meer bekend as “river blindness”. Daarvoor was die Nobel prys in 2015 toegeken. Niks uit te waai met CV19 nie. Was nooit erken of voorgeskryf as ‘n middel teen CV19 nie.

Rooikopheks ·

En ivermectin werk vir inwendige parasiete, dis nie ń dip nie.

Frank John ·

Wag maar, die vax sal nog vervang word en self as onnodig bestempel word.

Danie ·

Negativiteit is weer aan die orde van die dag sien ek. Ek het ook uitgevind wie die “hulle” is na wie almal so maklik verwys. Dis Mulder en Scully……the truth is out there!

Papsak ·

Stop julle pille inentings en om koop stories met mense los ons uit julle maak almal bang en verder word daar lekker geld gemaak met pille en entstof mense wat reg dink is ek bly voor ander maak oop julle oe en kyk wat gaan werklik aan

Klein Karoo Loper ·

Bly maar weg. Merck en Bayer en Microsoft is almal boeties. Gaan kyk maar wie is die aandeel houers in al hierdie maatskappye. Een groot leuen! Die ou duiwel is besig.

MakersMark ·

Sameswerings, Illuminati etc. Sommiges het verligting nodig hulle is bietjie “dim”.

Klein Karoo Loper ·

Ja, die pil word benodig hier in Suid Afrika. Ek het wel gedink die slim bril gaan help vir mense wat nie self wil dink nie, maar nee sommiges gaan nog steeds verkeerde vrae vra. Dis nou jammer!

Douw Gerbrand ·

En siendaar, feitlik onmiddelik word fop-nuus oor die pil op sosialemedia versprei

VaalDonkie ·

Ek weet nie van fopnuus nie, maar dis eienaardig dat Merck en Pfizer sommer op dieselfde tyd die ou pilletjies uitbring. Maar wat ookal. Ek dink nie hulle is heeltemal so sleg soos die tannies op Facebook beweer nie.

Konrad1226 ·

Sou hulle jom uitgebring as setpil sal niemand dit neem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.