Britte weer ingeperk  

Boris Johnson. (Foto: Matt Dunham/AP)

Die maand lange inperking in Engeland wat dié naweek deur premier Boris Johnson aangekondig is, kan selfs nog verleng word.

Johnson het aangekondig dat nuwe beperkings van Woensdag om middernag sal geld en tot 2 Desember sal duur. Die Verenigde Koninkryk, wat die hoogste Covid-19-dodetal in Europa het, steier tans onder meer as 20 000 nuwe gevalle per dag.

Michael Gove, ʼn senior kabinetsminister, het in ʼn onderhoud gesê die inperking kan selfs verleng word. Brittanje het reeds meer as 46 000 Covid-19-sterftes aangemeld.

“Ons kan definitief sê dat indien daar nie nou aksie geneem word nie, die gesondheidsdiens oorweldig sal word op maniere wat niemand van ons kan voorsien nie,” het Gove gesê.

Noodsaaklike winkels, skole en universiteite in Engeland sal oop bly, maar kroeë en restaurante sal gesluit wees met slegs wegneemetes wat toegelaat sal word. Internasionale reise word afgeraai, behalwe vir werk.

Verskeie ministers het aangedui dat Engeland se inperking tot volgende jaar kan duur met ʼn kort verslapping in regulasies wat oor Kerstyd oorweeg kan word, berig The Times.

Die kabinetsministers het gesê hulle glo dat dit sal baie moeilik wees om die inperking te beëindig as sterftes wat verband hou met die koronavirus en hospitaalopnames aanhou toeneem.

Die nuwe inperking kom kort nadat Johnson aan die parlement gesê het dat ʼn streng nasionale inperking “glad nie sou sin maak nie”.

Skotland, Wallis en Noord-Ierland het hul eie beleid en het in die afgelope paar weke strenger gesondheidsregulasies ingestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nici ·

Word die inperkings nie maar gewoonlik verleng nie? Die regering sal besluit wie se werk is essentieel genoeg dat hy sy besigheid mag bedryf en dus geld het om te koop en te verkoop.

Hennie J ·

Kom ons speel raai…..raai; Ek raai our people se baas gaan die Britte navolg sodat antie kopdoek nog n kans kry om te skep en te wys wie is eintlik die baas.

Dries ·

Hulle gaan sukkel, want die ‘reelmakers’ het hulleself glad nie gedra tydens die inperking nie. Biljoene rande wat mense moes ‘help’ om te oorleef het soos mis voor die son verdwyn, die nuus is vol daaraan. Wie gaan hierdie keer luister as daar gese word mense moet by die huis sit en hulle inkomste prysgee?

Gawie ·

Moet die opskrif nie lui “Engelse weer ingeperk” nie? Soos die berig dit stel het Skotland, Wallis en Noord-Ierland al reeds strenger beperkings ingestel.

Anoniem ·

Wie het nou kon raai dat ‘n vlermuis soveel moleste kon maak?

Hendrik ·

Dit is ongelooflik met ‘n herstelsyfer van 95% dat daar sulke maatreels is.

Alleen Wolf ·

So Boris Johnson lieg ook vir sy burgers nes ons regering, se een ding en doen ‘n ander.

Alleen Wolf ·

Ek stem, C.R. en Z.M. en kopdoek gaan nie so ‘n kans laat verbygaan nie, DIE FEIT DAT HULLE EN HULLE KADERS DIE FONDSE GEPLUNDER HET IN STEDE DAARVAN OM DIT AAN TE WEND OM FASILITEITE DAAR TE STEL OM COVID19 TE KAN HANTEER GAAN GEEN INVLOED HE OP HULLE BESLUIT NIE, GAAN ONS NOG VERDER PROBEER VERARM.
EK HET NUUS VIR HULLE, HULLE KAN HEL TOE VLIEG!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.