Charles se kroning laat versoek herleef vir SA-diamante

Die imperiale staatskroon bevat die vierkantige Cullinan II of Tweede Ster van Afrika (Foto: Aleister Crowley via Wikimedia Commons)

Die kroningsgeleentheid van koning Charles III het versoeke laat herleef vir Brittanje om die wêreld se grootste diamant, die middelpunt van die septer wat hy Saterdag tydens die seremonie sal vashou, aan Suid-Afrika terug te gee.

Die Eerste Ster van Afrika, ʼn diamant van 530 karaat, is in 1905 ontdek toe Suid-Afrika onder Britse heerskappy gestaan het. Dit is twee jaar later deur die koloniale regering aan koning Edward VII geskenk vir sy 66ste verjaarsdag.

“Al die minerale rykdom in Suid-Afrika behoort aan die mense van Suid-Afrika, nie die Britse paleis nie,” het Vuyolwethu Zungula, hoof van die African Transformation Movement (ATM), ʼn klein opposisieparty, Donderdag aan AFP gesê. “Mense moes sterf, en bloed het gevloei vir dié diamante om hul weg te vind na Brittanje.”

Die Eerste Ster van Afrika is uit die 3 126 karaat Cullinan-diamant gesny, die grootste diamant wat ooit gemyn is en 621 gram in sy ongeslypte vorm geweeg het.

Dit is na Amsterdam gestuur waar dit in twee groot stene, sewe effe kleiner stene en 96 klein diamante opgesny is.

Talle van dié stene is in die kroonjuwele te sien. Die tweede grootste steen is voor op die imperiale staatskroon te sien. Die res is aan ander lede van die koninklike familie geskenk.

Sedert die einde van apartheid was daar al herhaaldelik versoeke dat die stene aan Suid-Afrika terugbesorg moet word. Dit het herleef tydens geleenthede soos koningin Elizabeth II se eerste besoek aan die land in 48 jaar in 1995.

Internasionale momentum het intussen ook toegeneem vir die teruggawe van Afrika-artefakte van voormalige koloniale magte soos Brittanje, Frankryk, Duitsland en België.

“Ons soek #StarOfAfrica terug, tesame met al die res van die diamante, goud en ander minerale wat die Britse heerskappy van Suid-Afrika gesteel het, sonder vergoeding,” het politikus Carl Niehaus op Twitter geskryf ná Elizabeth se afsterwe in September. “Mens betaal nie vir gesteelde goedere nie!”

ʼn Aanlyn petisie wat koning Charles aanmoedig om die Cullinan-diamante terug te gee, is reeds deur meer as 8 000 mense onderteken.

“As Suid-Afrikaners wil ons ons diamante terughê sodat dit in ʼn Suid-Afrikaanse museum uitgestal kan word,” lui die petisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Francois ·

Ek dink nie die “mense van Suid-Afrika” sal ooit weer enige van die skatte sien, sou dit teruggegee word nie. Beter maar dat hulle bly waar hulle is…

Tewis ·

Ag asb wat dan sodat die anc maar net dit weer aan hulle maattjies kan verkoop en die geld laat verdamp???

Harley Davidson ·

Dit is die afrika bedel sindroom wil altyd iets he,verniet natuurlik dan moet lebone impala platinum terug gee want dit was paul kruger se grond wat hy as geskenk vir lebone groot oupa gegee het.

nellaj413 ·

Dit was deur die mense van daardie tyd in beheer die land aan die koning van daardie land as geskenk gegee.
As dit sou terugkom gaan dit ook een of ander tyd deel word van die baie diep sakke waarin triljoene rande verdwyn, dit kan maar net daar bly en ons kan dit bewonder op ‘n afstand.

Lillian ·

Ag asseblief get over yourself, laat daai Diamante net daar bly in stede van julle kaders wat dié sal laat verdwyn hier. Buitendien nie julle bloed wat gevloei het alleen vir daai die ante nie. Ons voorvaders het ‘n duur prys betaal vir ons vryheid.

Blits ·

Eers gegeef en dan genomen erger as n dief gestolen. Want die wereld skuld ons mos

Hennie ·

En wat presies gaan die juwele aan enige Suid Afrikaner se lewensomstandighede verander?!? Gaan die regering dit verkwansel en vir elke burger R100,00 oorbetaal. Absoluut belaglik!!! En dit dan seker weer van die nuwe eienaar terugeis…

Republikein in die Wes Kaap ·

‘n Kaasburger en Coke sal genoeg wees.

Keelvol ·

Klomp volwassenes wat so kinders dink en redineer. Word groot man.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Britte se geld is op. Hulle benodig elke pennie.

Ronel ·

Om wat mee te maak – dit gaan beslis nie na “die mense van SA” toe nie – dit gaan na uitgesoekte persone toe. Net nog ‘n manier om hulle self verder te verryk terwyl die oorgrootte meerderheid van die land se mense se lewenstandaarde agteruitgaan en hulle op ‘n daaglikse basis krepeer!!!!!! Dit was na alles ‘n geskenk – watter tipe mens is jy as jy ‘n geskenk terugvra? Ek skaam my oë uit my kop uit om te sê ek is ‘n Suid-Afrikaner, wat nog te sê om so ‘n petisie te teken!

#sêmaarnet ·

Ek twyfel glad nie dat dit in CR of een van sy maaitjies se kluis sal opeindig nie.

piet ·

Dit was ‘n sonde om die ding in die eerste plek te slyp. Kry al die stukkies en super glue dit.

jmboonzaaier ·

Ek sal ook graag die diamante wil terug kry maar ‘n verskoning vir die oorlogsmisdade (moet eintlik teregstaan voor Wêreldhof) asook die ondersteuning van die kommunistiese ANC sal meer aanvaarbaar wees.

Annelize ·

Die woord “GESKENK” val my op.

Ek is as kind geleer ‘n geskenk is iets wat jy vir iemand anders gee, dan is dit daardie persoon se eiendom, en dit is bitter swak maniere, en net pleinweg taboe, om die geskenk agterna terug te eis.

Mens noem dit “Etiquette, one on one” Vuyolwethu Zungula, of sommer net goeie maniere.

Keelvol ·

EK’s geleer, as jy iets as geskenk gee en jy Vra dit terug, is dit erger as diefstal.

Janice ·

Uit ‘n bevolking van oor die 60 miljoen mense het 8000 die lawwe petisie geteken. So 8000 mense met die pateet Carl Niehaus aan die voortou verander Suid-Afrika in ‘n oogwink weer in ‘n sirkus.

Gerhardus ·

Hier gaan dit nié oor – “Al die minerale rykdom in Suid-Afrika behoort aan die mense van Suid-Afrika, nie die Britse paleis nie,” het Vuyolwethu Zungula, hoof van die African Transformation Movement (ATM) – nie. Dit gaan oor opportuniste wat ‘n geleentheid sien vir vinnig ryk word.

Die geskiedenis is-en-bly geskiedenis. Wat gebeur het, het gebeur. ‘n Mens kan níks daaraan verander nie. ‘n Mens kan net probeer om nie dieselfde foute te herhaal nie.

Dit help ook nie om heeltyd in die verlede te lewe nie. So lank as wat jy in die verlede lewe, so lank bly jy ‘n slaaf van die verlede.

As ons heeltyd wil terugeis wat in die verlede verloor is, sal hulle ook die lewens kan teruggee van dié wat in die etniese gevegte en volksmoorde geneem is? Wat as die families, van die wat deur etniese aanvalle vermoor is, begin om skadevergoeding/emosionele skadevergoeding eise in te stel? Sal hulle daardie eise ook steun en uitbetaal?

Ons is elke dag besig om nuwe geskiedenis te maak.

John ·

Ek glo al die diamante en goud is veilig waar hulle tans is.

Niklaas ·

Iemand het alweer die vraatsigheid en is erg gierig. Die melding van ‘n museum is besonder humoristies. Die diamand sal verdwyn binne 6 dae in SA. Dan word daar natuurlik ondersoek kommittees aangestel en ‘n aantal ministers soos Hoedman kry beelddekking en publisisteit. Pragtig.

Elméne ·

Ha-ha-ha, kyk hoe SLYP die “soustrein regering” darem NOU hulle tande vir HIERDIE DIAMANT!!! Ek glo hulle het ALREEDS KOPER/S vir dit! Sleg ……

Anel ·

Duidelik ken hulle nie die geskiedenis nie! Dit is deur ‘PRIVAAT persoon GESKENK!!! ‘n Present!!! Wat verstadn die lot nie? Jy kan mos nie iets terug vat wat jy as geskenk vir iemand gegee het nie!!! En dit is nie die regering se wat ookal om terug te eis nie. Dit was van die begin af nie die regering se eiendom nie!! Dis veiliger waar dit is, agter dik, geslote deure en met 24 uur wagte. En dit is mooi om na te kyk. So laat staan julle malleigeheid en laat sak julle koppe in skaamte!!!

Antonie ·

Gaan dit op n open bare uitstalling wees waar almal kan besigtig. Maar ek dink meer dit is gulsigheid en geirigheid.

Samuel ·

Hoe eenvoudig kan die mense nie wees nie? Geskenke word nie teruggeneem nie!!! Wat sou die teruggee van die diamante enigsins aan ons SAners se lewens verander? Dit sal miskien in die Phala Phala museum opeindig. Of in die ANC se diep sakke.

Miskruier ·

Dit moes eerder verkoop gewees het, die geld kon gebruik gewees het om skadevergoeding aan die Suid Afrikaners te betaal. Die Britte het die land geplunder tydens die Boere oorlog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.