Die Dakar-wedren sal in 2020 na Saoedi-Arabië skuif, het die organiseerders Maandag aangekondig.
Die wedren het in 1979 as die Parys-Dakar-wedren begin. Deelnemers het van Parys, Frankryk na Dakar, Senegal gejaag, maar weens dreigemente in Mauritanië is die wedren in 2008 gekanselleer. Die wedren is van 2009 in Suid-Amerika aangebied en in 2019 het dit, vir die eerste keer, slegs in een land, Peru, plaasgevind.
Die organiseerders het gesê volgende jaar se wedren sal in die “diep en geheimsinnige woestyne van die Midde-Ooste, in Saoedi-Arabië” plaasvind.
Besonderhede oor die 2020-wedren sal later bekend gemaak word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Solank die deelnemers se veiligheid net gewaarborg word ???????
Lees weer, dis in sa maar nie soos suid afrika, misdaad hemel, dis SA soos in Saoedi Arabie. Daar kry misdadegers teespoed, hier raak hulle minidters en president
Julle het vergeet om te noem die jaar toe dit van Parys na Kappstad was.
Baie goeie nuus….en mense daar is niks met Saudi Arabie verkeerd nie…..Dit is maar net ‘n vreemde land met ‘n vreemde kultuur en gewoontes….
Baie goeie nuus……en mense daar is niks met Saudi Arabie verkeerd nie……Dit is maar net ‘n vreemde land met, vir ons, vreemde kulture en gewoontes, maar die woestynland is ook ongelooflike mooi.