Dié land stap met gesogte Mej. Heelal-titel weg

Op 19 Desember 2022 is ‘n nuwe Mej. Heelal-kroon, Force for Good, bekend gestel wat na verwagting vir die volgende drie jaar gebruik gaan word. (Foto: Josh Brasted/Getty Images/AFP)

R’Bonney Nola Gabriel van die VSA is Sondagaand as die nuwe Mej. Heelal gekroon.

Suid-Afrika se Ndavi Nokeri het die top-16 gehaal tydens vanjaar se kompetisie wat in New Orleans, Louisiana, in die VSA plaasgevind het.

Sowat 85 vroue van oor die wêreld heen het vanjaar om dié titel meegeding.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Miss Universe (@missuniverse)

Suid-Afrika het die afgelope ses jaar uiters goed in dié kompetisie gevaar, met twee Mej. SA-deelnemers, Demi-Leigh Nel-Peters (nou Tebow) wat in 2017 en Zozibini Tunzi wat in 2019 die titel gewen het, terwyl Mej. SA 2018, Tamaryn Green, en Mej. SA 2021, Lalela Mswane, albei as naaswenners aangewys is.

Ndavi het R’Bonney gelukgewens met die kroning, asook eerste prinses Mej. Venezuela Amanda Dudamel en tweede prinses Mej. Dominikaanse Republiek Andreina Martinez.

“R’Bonney is ʼn waardige wenner en sy gaan ʼn wonderlike Mej. Heelal wees,” het Ndavi gesê. “Ek wil graag almal bedank vir hul wonderlike ondersteuning en ek is trots op dit wat ek reggekry het. Ek weet ek het my alles gegee en die Mej. Heelal-ervaring is iets wat ek nooit sal vergeet nie. Ek sien uit daarna om terug te keer na Suid-Afrika sodat ek ook kan voortgaan met my veldtog Ed-Unite.

“Ek sou natuurlik graag beter wou vaar, maar ek is verheug om die top-16 te kon haal. Die hele ervaring het al my verwagtinge oortref.”

Ndavi Nokeri in een van haar skeppings vir die Mej. Heelal-kompetisie. (Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig dat verskeie sosialemediapeilings verbonde aan die Mej. Heelal-kompetisie daarop gedui het dat Ndavi ʼn gunsteling was om vanjaar dié gesogte skoonheidskompetisie se kroon te dra.

Die Suid-Afrikaanse skoonheid was ook een van vyf deelnemers wat gekies is om aan ʼn eksklusiewe fotosessie vir Mej. Heelal se amptelike grimeringborg, Muba Cosmetics, deel te neem.

Die Tzaneen-boorling se ouers, Moses en Betty Nokeri, was saam met haar in New Orleans.

Ndavi het die geleentheid om nou ook aan Mej. Wêreld, Mej. Supranasionaal en Mej. Aarde deel te neem.

Kyk dié video waar sy kort ná haar kroning as Mej. SA met Maroela Media gesels het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.