Dié Leonardo die duurste skildery nóg

Da Vinci se Salvator Mundi of Verlosser van die wêreld (Foto: AP/Kirsty Wigglesworth)

ʼn Skildery van Leonardo da Vinci wat van die 1500’s dateer en Christus uitbeeld het vandeesweek die duurste kunswerk in menseheugenis geword toe dit vir $450,3 miljoen (sowat R6,5 miljard) deur ʼn veilinghuis in New York verkoop is.

Die kunswerk, Salvator Mundi of Verlosser van die wêreld, is Woensdag deur Christie’s opgeveil. Die skildery is deur ʼn private koper, wat telefonies gebie het, gekoop.

Die kunswerk is die laaste van Leonardo wat nog in private besit was. Verlosser van die wêreld was die eiendom van die Russiese sakeman en versamelaar Dmitri Ribolowlef. Hy het die skildery in 2013 aangekoop vir $127,5 miljoen (sowat R1,8 miljard).

Die skildery, 66 x 45 cm, beeld Christus uit met die regterhand seënend in die lug en met ʼn kristalbal in die ander.

Volgens ʼn verklaring van Christie’s het die kunswerk eers aan koning Charles I van Engeland behoort. Die skildery het uit die openbare oog verdwyn maar het weer in die 1900’s aandag getrek toe dit aangekoop is deur ʼn Britse kunsversamelaar. Die skildery is in dié tyd aan ʼn Leonardo-nabootser toegeskryf.

Die skildery is weer in 1958 verkoop en in 2005 deur ʼn groep kunshandelaars aangekoop vir minder as $10 000 (R140 000). Dit was glo erg beskadig, maar is gerestoureer en geïdentifiseer as ʼn outentieke Leonardo.

Hoewel meeste kunskenners saam stem oor die outentisiteit van die kunswerk, bevraagteken talle die waarde daarvan omdat dit ingrypende restourasiewerk moes ondergaan.

Die skildery is verkoop vir bykans dubbel die prys van die vorige rekord wat as die duurste skildery in die geskiedenis beskryf is. Willem de Kooning se kunswerk Interchange is in September 2015 vir sowat $300 miljoen (R4,2 miljard) verkoop.

Die hoogste prys wat ʼn kunswerk op ʼn veiling gehaal het, is Picasso se Vroue van Algiers wat vir $179,4 miljoen (R2,5 miljard) onder die hamer gekom het. Dié skildery is in 2015 ook deur Christie’s opgeveil.

Christie’s het geen inligting oor die koper van die Leonardo verstrek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tess ·

Aagh, Eish en” O my word”? nie eers gratis soek ek dit naby my nie

Cherokee ·

Te kyke na die tema van die skildery is dit teleurstellend om enigeen dit te hoor sê wat jy kwytraak.

Luister ·

Asemrowend mooi! Ek wonder net wat die kristalbal in hierdie konteks beteken?

Mar ·

Wel die kristalbal saam Christus… dan se ek ook dankie, maar nee dankie…

Cherokee ·

Wie het besluit dat dit ‘n kristalbal is? Die huidige kritici wat ‘n skildery beskryf wat ± 5 eeue gelede geskilder is. Waar sien julle dat Da Vinci dit as ‘n kristalbal geskilder het? Was daar kristalballe in die 1500’s waarmee voorspellings gedoen is? Hoe oud is kristalballe soos deur die Gypsies gebruik? Of is dit dalk ‘n planeet, ‘n aarde wat in die hand gehou word? Miskien ‘n sinspeling op die heelal. Dink!

Vermeende ·

Die kristalbal is n logiese afleid wat nie daai tyd bestaan het nie, dit kan ook nie die aarde wees nie want daai tyd is die aarde nog algemeen as plat aanvaar.

Vermeende ·

Leonardo Da Vincie was sy tyd honderde jare vooruit, wat sy kunswerke so gesog maak, voor Leonardo was kleurstof met bloed gemeng en daarmee is geverf en dit id die rede hoekom die kuns voor Leonardo altyd donker skilderye was. Leonardo was die eerste persoon wat olyfolie as basis kebruik het in die plek van bloed.
Ek verkyk my aan sy kunswerke. Loshande, as ek die geld gehaat het dan het al sy werke in my huis gehang, dit is net besonders.

Cherokee ·

Who was the first person to prove the Earth was round?
Although Aristotle makes some observational arguments for the earth being round, it seems that Eratosthenes (276-194BC) was the one that figured it out as he was the first to have recorded the approximate circumference of the earth by recognising the difference in shadow lengths at the same time of the day in two different locations (Syene and Alexandria) and doing some math.

Eratosthenes(276 BC–194 BC) was a Greek scholar, scientist who around 240 BC set out to try and find the circumference of the Earth. He first had to assume the Earth was a sphere. He had heard that during the day of the summer solstice the sun at midday was casting no shadow in a well in the town of Syene but he observed the sun was casting a slight shadow in Alexandria. They used the standard measurement tool for distance called a stadion. Which was taken to be 185 meters or 1/10 of a mile. He had someone walk from Alexandria to Syene to measure the distance which was 5000 stadia. About 925 kilometers. He knew certain facts and made some brilliant deductions to come up with a distance of 25,000 miles!. The actual circumference is 24,901 miles!

Cherokee ·

So Vermeende, jou raaiskoot dat die aarde daai jare nog as plat aanvaar was, was seker gemik op ‘n Leon Schuster tipe storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.