Die week in foto’s

Mexiko: Orkaan Otis het hewige skade in die staat Guerrero in Acapulco aangerig. Minstens 27 mense is dood toe die kategorie 5‑orkaan Acapulco se strandoord getref het. Inwoners het dit as ʼn “algehele ramp” beskryf. (Foto: Francisco Robles/AFP)

Panama: Betogers bots met onlustepolisie tydens ʼn betoging teen die regering se kontrak met die Kanadese mynmaatskappy FQM. Betogings oor ʼn kopermyn vind nou al dae lank plaas. Die betogers is bekommerd oor die moontlike omgewingsimpak van mynbedrywighede. (Foto: Roberto Cisneros/AFP)

China: ʼn March-2F-abbavuurpyl, met die Shenzhou-17-ruimtetuig en ’n bemanning van drie ruimtevaarders, word op 26 Oktober van die Jiuquan-satellietlanseringsentrum in die Gobi-woestyn gelanseer. (Foto: Pedro Pardo/AFP)

Frankryk: Die boer Jacques Bonnevalle tel blompotte gevul met krisante op om dit te verkoop vir Allerheiligedag in Ajaccio op die Franse Mediterreense eiland Corsica. (Foto: Pascal Pochard-Casabianca/AFP)

Israel: ’n Foto geneem uit die Israeliese stad Sderot in die suide, wys rook wat oor die noordelike Gazastrook opstyg ná ’n Israeliese aanval. Die oorlog tussen Israel en die Palestynse groep Hamas woed nou al amper drie weke lank. (Foto: Ronaldo Schemidt/AFP)

Engeland: ’n Reënboog skyn agter die pawiljoen voor die aanvang van die Groep B-sokkerwedstryd in die UEFA Europa League. Die wedstryd was tussen Brighton en Ajax by die American Express-gemeenskapstadion in Brighton. (Foto: Glyn Kirk/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.