Die week in foto’s

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef sommige van die week se nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Serwië: ʼn Man stap huilend verby polisiebeamptes wat wag staan voor ʼn skool in Belgrado waar ʼn dodelike skietery by ʼn laerskool vandeesweek die lewe van agt leerders geëis het. ʼn Onverwante tweede skietery, minder as 48 uur later, het nóg agt lewens geëis. (Foto: Oliver Bunic/AFP)

Frankryk: In die Franse hoofstad Parys duur gewelddadige betogings teen pensioenhervormings in dié land steeds voort. Opposisiepartye en vakbonde het betogers aangemoedig om hul drie maande lange veldtog teen wetgewing, wat die aftreeouderdom van 64 tot 62 gaan verminder, voort te sit. (Foto: Jeff Pachoud/AFP)

Kenia: Polisiebeamptes stap verby ʼn uitgerande bus in Nairobi waar betogers ʼn polisieverbod verontagsaam en die strate ingevaar het in protes teen stygende lewenskoste en die uitslag van verlede jaar se verkiesing. (Foto: Luis Tato/AFP)

Oekraïne: Weermagparamedici behandel ʼn gewonde Oekraïense soldaat by ʼn mediese stabiliseringsbasis naby die stad Bakhmut, in die Donetsk-streek. Die stad is op die voorste linie van gevegte met Rusland. (Foto: Dimitar Dilkoff/AFP)

Italië: ʼn Lugfoto wys die oorstroomde dorpie Borgo di Villanova, naby Ravenna in die noorde van Italië. Twee mense is dood nadat reën 48 uur lank oor die gebied uitgesak en groot oorstromings veroorsaak het. (Foto: Alessandro Serrano/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.