Die week in foto’s

Dubai: ʼn Taxi ry deur ʼn oorstroomde straat ná swaar reën hier uitgesak het. Dubai, die finansiële sentrum van die Midde-Ooste, het groot skade gely weens buitengewone reënval wat oorstromings oor dele van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en Bahrein veroorsaak het. Minstens 18 mense is in Oman dood. (Foto: Giuseppe Cacace/AFP)

Australië: Mense sit blomme neer by ʼn gedenkteken wat in die Westfield Bondi Junction-winkelsentrum in Sydney opgerig is, ter herdenking van ʼn mesaanval verlede week in die sentrum. (Foto: Auysh Kumar/AFP)

Indonesië: ʼn Uitdeelfoto wat deur die Sentrum vir Vulkanologie en Geologiese Gevaarvermindering (PVMBG) geneem is, wys die berg Ruang wat rook spu, ná ʼn vulkaniese uitbarsting in Sitaro, Noord-Sulawesi. (Foto: PVMBG/AFP)

Italië: ʼn Vrou maak die vloere van die Franse pawiljoen-uitstalsentrum skoon, waar die Franse kunstenaar Julien Creuzet se kunswerke ten toon gestel word tydens die vooropening van die Venesiese Biënnale-kunsskou in Venesië. (Foto: Gabriel Bouys/AFP)

Frankryk: Franse skipper Jean le Cam seil sy vaartuig Tout commence en Finistere-Armor Lux buite ʼn hawe aan die weste van Frankryk. Oor ʼn paar maande sal hy aan die Vendée Globe-alleenvaart-seilwedren om die wêreld deelneem. (Foto: Loic Venance/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.