Die wêreld in foto’s – 18 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Seilbote staan gereed vir die 51ste Blue Ribbon-seiljagwedren rondom die Balaton-meer naby Balatonfured, Hongarye. Die seilbote gaan 155 km binne 48 uur aflê tydens die oudste seiljagwedloop in Europa. (Foto: Boglarka Bodnar, AP)

Fietsryers neem deel aan die 12de skof van die Tour de France-fietswedren van meer as 209,5 km. Die wedren skop in Toulouse af en eindig in Bagneres-de-Bigorre, Frankryk. (Foto: Christophe Ena, AP)

ʼn Rare albino-ystervarkie waggel rond op die gras naby die Seashore Trolley Museum in Kennebunkport in die Amerikaanse deelstaat Maine. Die museum het gevra vir hulp om dié rare diertjie te identifiseer nadat dit vandeesweek op die terrein verskyn het. (Foto: Fred Hessler, AP)

Noord-Ierland se Darren Clarke slaan ʼn hou op die vyfde putjie tydens die eerste ronde van die Britse Ope-gholfkampioenskapreeks by die Royal Portrush in Noord-Ierland. (Foto: Matt Dunham, AP)

SpongeBob SquarePants-karakters by die voorskougeleentheid van die 2019 Comic-Con International in San Diego, Kalifornië. (Foto: Chris Pizzello, AP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.