Die wêreld in foto’s – 21 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie duur oorstromings voort in groot gedeeltes van China. Die vernietigende seisoenale reën is meer as gewoonlik en het in Junie begin.

Minstens 141 mense is óf oorlede óf as vermis aangemeld, met meer as 150 000 huise wat beskadig is en ʼn ekonomiese verlies van byna R150 miljoen.

Vloedwaters in die Anhui-provinsie in die ooste van China het tot 10 m bereik.

ʼn Vrou op ʼn tydelike vlot roei deur ʼn oorstroomde straat in ʼn dorp in Yongxiu in die Jiangxi-provinsie. (Foto: Chinatopix, AP)

ʼn Dorp in die ooste van China is oorstroom. (Foto: Zhang Haobo/Xinhua, AP)

Die dorp Guzhen in die Anhui-provinsie in die ooste van China is onder water. (Foto: Tang Yang/Xinhua, AP)

Reddingswerkers op ʼn boot beweeg deur vloedwater om inwoners wat in Sanjiao vasgekeer is na veiligheid te bring. (Foto: Chang Haobo/Xinhua, AP)

Die Kwanyin-tempel, wat op ʼn eiland in die middel van die Yangtze-rivier in die Hubei-provinsie in sentraal-China gebou is, is oorstroom. (Foto: Chinatopix, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.