Die wêreld in foto’s – 25 September 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het verskeie klimaatsaktiviste protesoptogte vir klimaatsgeregtigheid geskeduleer vir die volgende paar dae in Duitsland.

Die beweging eis dat die Duitse regering steenkool teen 2030 moet uitfaseer en dat Duitsland teen 2035 koolstofneutraal moet wees.

ʼn Teddiebeer wat aan die rand van die Garzweiler-steenkoolmyn in Duitsland lê, hou ʼn plakkaat vas met die woorde “stop bruinkool”. (Foto: Martin Meissner, AP)

Berede polisiebeamptes beveilig die Garzweiler-steenkoolmyn terwyl hul verby ʼn plakkaat ry met die woorde “klimaatsaktivisme is nie ʼn misdaad nie”. (Foto: Martin Meissner, AP)

Aktiviste slaan ʼn tent op naby die Garzweiler-steenkoolmyn by Keyenberg in Duitsland. (Foto: Martin Meissner, AP)

ʼn Steenkoolaangedrewe kragstasie naby die Garzweiler-steenkoolmyn in Duitsland. (Foto: Martin Meissner, AP)

ʼn Klimaatsaktivis naby die steenkoolmyn in Keyenberg, Duitsland. (Foto: Martin Meissner, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.