Die wêreld in foto’s – 26 Junie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het polisie in Mianmar onwettige dwelmmiddels vernietig ter viering van Internasionale Dag teen Dwelmmisbruik en Onwettige Handel.

Die onwettige dwelmmiddels, ter waarde van R14,5 miljard, is Vrydag in Mianmar se hoofstad, Taunggyi, verbrand sowel as in Yangon, Mandalay en Lashio.

ʼn Polisiebeampte in beskermende toerusting, staan voor onwettige dwelmmiddels waarop Mianmar-polisie beslag gelê het. (Foto: Thein Zaw, AP)

Onwettige dwelmmiddels brand op Internasionale Dag teen Dwelmmisbruik en Onwettige Handel in Yangon, Mianmar. (Foto: Thein Zaw, AP)

Onwettige dwelmmiddels waarop polisie beslag gelê het, brand in Yangon, Mianmar. (Foto: Thein Zaw, AP)

Die brandweer blus die brand nadat onwettige dwelmmiddels aan die brand gesteek en vernietig is in Yangon, Mianmar. (Foto: Thein Zaw, AP)

ʼn Brandweerman blus die brand nadat dwelmmiddels aan die brand gesteek en vernietig is in Yangon. (Foto: Thein Zaw, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Spyker ·

Wonder nou hoekom blus die bradweer die vuur. Was dit dan nie die doel om die dwelms te vernietig nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.