Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag:
Te midde van die Covid-19-pandemie het betogers die strate van Spanje ingevaar om te protesteer teen stiergevegte en die bulwedloop wat jaarliks saamval met die San Fermin-fees in Pamplona.
Dié fees is vanjaar gekanselleer weens die Covid-19-pandemie.

Betogers hou plakkate vas tydens ʼn protesoptog in Pamplona teen stiergevegte in Spanje. (Foto: Alvaro Barrientos, AP)