Djokovic wens spelers, toernooi beste toe

Novak Djokovic (Foto: Andrej ISAKOVIC/AFP)

Novak Djokovic het sy beste wense gestuur aan die spelers, beamptes, vrywilligers en toeskouers by die Australiese Ope.

Dít volg op die hofbeslissing dat hy die land moet verlaat nadat sy visum gekanselleer is.

Djokovic het gesê hy is uiters teleurgesteld oor die hofbeslissing, maar sal dit respekteer. Hy sal met die owerhede saamwerk en die land verlaat.

Hy het 11 dae lank baklei om in die land te bly en in die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar te speel. Hy het aanvanklik ʼn hofoorwinning behaal en het selfs op die bane van die toernooi in Melbourne geoefen, voordat Alex Hawke, die minister van immigrasie, weer sy visum herroep het.

“Ek sal nou die tyd benut om te rus en te herstel voordat ek enige verdere kommentaar sal lewer.”

Djokovic sou probeer om die titel vir die tiende keer te wen. Hy is in ʼn stryd met Rafael Nadal en Roger Federer gewikkel om hul 21ste Grand Slam-titel te verower.

“Dit laat my ongemaklik voel dat die fokus die afgelope weke op my was en ek hoop ons kan almal nou al die aandag vestig op die spel en toernooi waarvoor ek lief is.

“Laastens wil ek ook my familie, vriende, span, ondersteuners, aanhangers en landgenote bedank vir julle volgehoue steun. Julle was almal vir my ʼn bron van krag.”

Nadal staan nou eerste die kans om die 21ste Grand Slam-titel agter sy naam te skryf, want nóg Djokovic nóg Federer speel in Melbourne. Die Switserse ster sukkel steeds met ʼn besering.

Nadal sal egter verskeie van die nuwe sterre moet klop as hy die mylpaal eerste wil bereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Waarnemer ·

Ek haal my hoed af vir hierdie man,hy is n vooorbeeld vir elke anti-jabber ter wereld.Die Australiese ope gaan net n klug wees na die hof se beslissing.

Tubac ·

HA Ha. Dit gaan beslis nie net oor die inspuiting nie. Dit gaan ook oor die buig van die reels. Dink jy vir een oomblik dat die Minister dit sal toelaat om n uitsondering te maak terwyl ander se visums gekanselleer word. Dit sal beslis n klap in die gesig wees van die grensbeheer beamptes wat die reels nougeset moet toepas. My Waarneming is dat hulle heeltemal by regte was om hulle wetgewing toe te pas. So kom ons chill nou en wens hulle eerder geluk dat hulle nog vaste beginsels het.

Baardman ·

Dis een van die redes hoekom Australië n eerste wereld land is…. want hulle hou by hulle reëls, ongeag wie dit nie nakom nie.

Andre ·

Dis ook waarheen misdadigers verban is vroeër. Dit wys nou nog.

MakersMark ·

In die geval was die “misdadigers” waarna jy verwys aan die regte kant van die wet!

Barney ·

As jy jou nie by die reëls wil hou nie, moet jy die vrugte pluk. Geen simpatie hier nie

Lodewyk ·

O genade!
Jy betaal seker e-tolls en onderrsteun die reëls
Verduidelik als.
E-tollenaars is snaaks!

Yolandie ·

Uiteindelik ‘n sport man met rugraat wat staan vir iets waarin hy glo. En wat nie wil inval by wat die wereld op hom wil afdwing nie. Australie is ‘n spikkel op die aardbol Novak, in enige ander land sal jy verwelkom word. Alle voorspoed met jou loopbaan en mag jy net van krag tot krag gaan.

Treurwilger ·

Novak het nooit enigeen afgeraai om die inenting te vat nie.
Die Serwiese president het alles gesê wat nodig is, stem met elke woord saam.
Hulle het hulself meer as vir Novak verneder in die onbeholpe klugspel wat tien dae voortgeploeter het. Novak weet nadese ook presies wie sy vriende is.

Die dokter, Ivan Cetojevic, by wie Novak 11 jaar gelede aangeklop het om hulp vir allergieë, kwinte en kwale, sê dis nie vir hom vreemd dat die no. 1 tennisspeler huiwerig is om met sy supergesonde liggaam te dobbel na jare se nougesette dieët en harde werk nie.
Sterkte, Novak.
Wie staan vir niks, val vir alles.

Pierre ·

inteendeel hy het sommer maar net rond geloop sonder n masker wetend hy is positief vir Covid (as mens enige iets uit sy mond nog kan glo) en so doende gehelp om te versprei hy voel niks vir niemand.

Andre ·

En die masker doen wat? Daai virus is seker so groot soos ‘n vlieg?

Cobus ·

So buig maar net met armpie uit en jy is in? Doen net wat ons sê en alles is reg. As mense so lief is vir regulasies moet daar dan nie gekla word oor onteiening ens nie, want dis mos reels.

Andries ·

Hoekom het hulle nie die Ope in ‘n ander land gehou soos met die krieket en rugby nie. Ek dink hier is weer geld betrokke en hulle wil nie hê Novak moet die Ope wen nie. Dit is tog Australie, kyk hoeveel keer het hulle al geld aanvaar om te verneuk.

Andre ·

Is covid nie genoeg bewyse nie, Tubac? Of vra jy die fact checkers!

Andre ·

Ek voel tog jammer vir hom. Ek voel eintlik jammer vir Australiërs wat onder daardie drakoniese wetgewing gebuk gaan. Soos hulle sê: Elections have consequences.

Tubac ·

Ek wonder of jy net so negatief is, oor gebeurtenisse in ons land. Jy bly ten minste hier. So wat is jou probleem met n ander land se reels? Was jou visum ook gekanselleer?

piet ·

Hier is baie hier wat Australie toe wil emigreer maar duidelik nie by hulle streng reels wil inpas nie. Nogal vreemd.

Andre ·

Nee wat Tubac, hoewel hulke tog state het wat blykbasr regdenkend is, is Aus is die laaste land waarheen ek enige behoefte het om te gaan nie. Oor jou land, praat ek nie eers nie, hulle almal kry bevele van dieselfde beheer af.

MakersMark ·

Nee wat Australie doen uitstekend. Juis omdat daar ‘n regering is wat etiese reels maak en daarby hou.

Hendrik ·

Dit is nogal jammer dat hy geen ondersteuning vanaf die ander spelers kry nie. Die rede gaan seker om te geld wat daar verloor kan word.

Tubac ·

Logies. Hy is glad nie gewild onder ander spelers nie. Hulle het aan die reels voldoen, terwyl meneer dit wil buig weens arrogansie.

piet ·

Jokovich het ‘n paar miljoen verloor met hierdie no-show. Nogal ‘n duur prys om te betaal vir oneerlikheid.

Andre ·

En hoeveel het ontrek oor “borspyne”? Hulle het nie gelees nie.

Linda ·

So word die besluite om vir jou self te besluit van jou ontneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.