Dodetal styg in jongste massaskietery

Foto: (AP Photo/Sue Ogrocki)

Die dodetal het tot sewe gestyg na Saterdag se massaskietery in Odessa in die weste van Texas in die VSA.

Die polisie sukkel steeds om vas te stel hoekom die 36-jarige Seth Aaron Ator met sy moordtog begin het nadat ʼn staatspolisiebeampte hom vir ʼn verkeersoortreding laat stilhou het. Ator het die beampte geskiet en in ʼn goudkleurige Honda gevlug.

Dit het aanleiding gegee tot ʼn chaotiese middag waartydens talle mense geskiet is. Terwyl beamptes Ator agternagesit en hom tot stilstand probeer dwing het, het hy sy vuurwapen deur die agterste ruit van sy motor gemik en op die polisievoertuie geskiet. Hy het daarna minstens 20 mense op 42nd Street in Odessa geskiet.

In ʼn stadium het Ator ook ʼn posafleweringsbussie gekaap en lukraak op mense geskiet soos hy gevlug het. Die moordtog het tot ʼn einde gekom toe polisiebeamptes Ator buite ʼn fliekteater doodgeskiet het.

Die oorledenes was tussen 15 en 57 jaar oud en hulle name is nog nie amptelike deur die polisie bekend gemaak nie. Van die oorledenes is egter deur familie en vriende geïdentifiseer.

Een van die oorledenes was die 25-jarige Edwin Peregrino wat uit sy ouerhuis gehardloop het om te probeer uitvind wat aangaan. Mary Granados (29) is in ʼn posafleweringsbussie doodgeskiet en die 15-jarige Leilah Hernandez het by ʼn motorhandelaar uitgestap toe sy doodgeskiet is.

Honderde mense het Sondagaand ʼn gebedswaak by ʼn plaaslike universiteit bygewoon.

Hierdie skietvoorval kom net vier weke nadat ʼn skieter in El Paso, Texas, 22 mense doodgeskiet het toe hy by ʼn Walmart-winkel losgebrand het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Zaks ·

Nope, mens se ware kleure begin nou eers na vorekom. Wag … Veel erger is nog oppad. “the flaw of creation” kom nou los, daarna sal die universe die mens afskut soos n vlieg. Wait… and see! Dis nader as wat jy dink, en ek praat glad nie van “n” oordeelsdag nie, n universe / nature default / reset. Thumbs up vir Thoth!

Antoon ·

28 geskiet, 8 dood in Chicago. Maar die CNN “cut and paste” napraters sien niks. Kinderkrans joernaliste

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.