Duplantis verbeter paalspring-rekord

Armand Duplantis (Foto: Worldathletics.org)

Die Sweedse wonderkind Armand “Mondo” Duplantis het vir die tweede keer binne ʼn week die paalspring-rekord verbeter.

Hy het Saterdag tydens ʼn binnenshuise byeenkoms in Glasgow op 6,18 m oor die dwarslat geseil.

Die 20-jarige Duplantis het met sy eerste poging die rekord van 6,17 m verbeter wat hy ʼn week tevore tydens die Wêreldreeksbyeenkoms in Torun, Pole, opgestel het.

Die vorige rekord het behoort aan die Fransman Renaud Lavillenie wat op 15 Februarie 2014 op 6,16 m oor die dwarslat geseil het.

“Dit was ʼn wonderlike kompetisie,” het Duplantis gesê, wat ook ʼn wêreldrekordbonus van $30 000 ontvang het. “Daar was ʼn lekker energie van die skare en dit spoor my aan.”

Duplantis het naam gemaak toe hy in 2018 die Europese titel gewen het met 6,05 m. Hy het verlede jaar ʼn silwermedalje ontvang in Doha, Qatar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan Venter ·

Kan iemand help, net so vir perspektief, in hoe verre is die paal waarmee deesdae gespring word dieselfde (dimensies, vesel/stof/materiaal van gemaak, lengte, gewig, ens) as dié waarmee Surgey Bubka destyds die wêreldrekord opgestel het. (Ons Okkert Brits het destyds ook ‘n paar maal oor die 6 meter gespring.)

Johan Venter ·

So vir perspektief:

Atleet Land Buitemuurs Binnemuurs en Jaar

Armand Duplantis Sweden 6.05 meter 6.18 meter 2020

Renaud Lavillenie France 6.05 6.16 2014

Sergey Bubka Soviet Union / Ukraine 6.14 6.15 1993

Johan Venter ·

Dan vra mens, wat in die verbetering in toerusting en tegnologie het ook bygedra, die baanoppervlak, die skoene, dat hulle binnemuurs sulke hoogtes bereik het? (Ek dink nou aan bv die Nike Vaporfly skoene waarmee Eliud Kipchoge die wêreld maratonrekord gebreek het.)

Wat egter verder interessant is, is dat beide die Fransman en die Sweed, stel blykbaar nie daarin om hul buitemuurse hoogtes te verbeter nie …. dalk kan hulle nie?

Nefie ·

Binneshuis is bietjie makliker vir paalspring want daar is nie wind wat kan pla nie, dis hoekom die rekord binneshuis beter is as buitenshuis.

Ps. dit sal goed wees as die artikel in die titel of eerste sin verwys na watter rekord gepraat word. Mens maak maar die afleiding soos wat jy verder lees dat dit die wêreldrekord is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.