Een dood, 23 vermis toe seekoei boot tref

Argieffoto (Foto: Sylwia Głowska/Pixabay)

ʼn Baba is dood en 23 mense word vermis ná ʼn seekoei ʼn boot op Malawi se Shirerivier getref het, het owerhede Dinsdag gesê.

Die polisie in Nsanje het gesê die vaartuig, ʼn kano, het 37 mense oor die rivier vervoer toe die voorval Maandagoggend plaasgevind het.

Plaaslike inwoners kon 13 mense uit die onstuimige water gehaal, het polisiewoordvoerder Agnes Zalakoma aan AFP gesê. Altesaam 23 mense word Dinsdag nog vermis.

Reddingsbeamptes het die liggaam van ʼn eenjarige baba uit die rivier gehaal wat tydens die voorval verdrink het.

“Die soektog na die vermiste persone duur voort,” het Zalakoma gesê.

Die kano het begin oorhel en uiteindelik omgeslaan toe die seekoei dit getref het.

Die Shire is Malawi se grootste rivier.

Bootongelukke kom algemeen voor in Malawi waar ʼn gebrek aan watervervoer en behoorlike regulering talle inwoners dwing om van lendelam bote gebruik te maak om mere en riviere oor te steek. Minstens vyf mense is verlede maand dood toe ʼn oorvol boot in Mchinji in Malawi gesink het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willie ·

Dit moet seker lees boot tref seekoei, al was dit ‘n kano? Seekoeie is feitlik staties in die water, so hoe kan so ‘n dier dan ‘n boot tref? Dis nie ‘n walvis of moord walvis wat teen ‘n groot spoed beweeg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.