Elton John ook klaar met Twitter

Elton John (Foto: Kevin Winter/ Getty Images North America/Getty Images via AFP)

Sir Elton John het die jongste bekende persoon geword om Twitter vaarwel te roep nadat Elon Musk die sosialemediaplatform oorgekoop het.

Die sanger sê die platform se “verandering in beleid” oor disinformasie het op die ou end daartoe gelei dat hy sy rekening op Twitter opgeskort het, berig BBC.

“Ek het my hele lewe lank probeer om musiek te gebruik om mense bymekaar te bring. Tog maak dit my hartseer om te sien hoe disinformasie nou gebruik word om ons wêreld te verdeel.

“Ek het besluit om nie meer Twitter te gebruik nie, gegewe hul onlangse verandering in beleid wat disinformasie ongemerk sal laat floreer,” verduidelik sir Elton.

Musk het intussen op die sanger se plasing geantwoord: “Ek is mal oor jou musiek. Hoop jy kom terug. Is daar enige spesifieke verkeerde inligting waaroor jy veral bekommerd is?”

Dit volg nadat Twitter verlede maand opgehou het om op te tree teen rekeninge wat misleidende inligting oor Covid-19 versprei. Volgens Twitter se webwerf het dit op 23 November opgehou om op te tree teen twiets wat sy voormalige koronavirusreëls oortree.

Verskeie bekendes, onder wie die akteurs Jim Carrey en Whoopi Goldberg, model Gigi Hadid en musikant Jack White, het hul Twitterrekeninge opgeskort sedert Musk in Oktober vanjaar die leisels by Twitter oorgeneem het.

Hadid het in haar aankondiging na die platform as ʼn “poel van haat en kleingeestigheid” onder Musk se leierskap verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pietertjie ·

So what? Ek het opgehou om witbrood te eet: moet die hele wêreld nou daarvan kennis neem?

Johan ·

Agge Nee! Ek gaan my langdurige geprekke met die oom baie mis…

Treurwilger ·

Enigiets waarmee iemand nié saamstem nie is deesdae “disinformasie”.
Musk sal nie ‘n antwoord op sy vraag ontvang nie, want daar is nie ‘n geldige een nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.