Emosionele Messi nou PSG-speler

‘n Emosionele Lionel Messi het Sondag op ‘n mediakonferensie bevestig dat hy FC Barcelona gaan verlaat. (Foto: Facebook)

Die 34-jarige sokkerster Lionel Messi sal ʼn kontrak van twee jaar met Paris Saint-Germain (PSG) in Frankryk sluit nadat hy Sondag aangekondig het dat hy FC Barcelona gaan verlaat.

Dit kom nadat Barcelona Donderdag gesê het hy kon weens “geldelike en strukturele uitdagings” nie Messi se kontrak vir nog vyf jaar verleng nie.

Messi het reeds as 13-jarige by die Spaanse span se jeugakademie aangesluit en is dié klub se top-puntemaker, met 672 doele agter sy naam.

Messi se nuwe ooreenkoms met PSG behels glo ʼn bedrag van £25 miljoen (sowat R512 miljoen), waaronder bonusse, per jaar en kan verleng word vir ʼn derde jaar. Hy sal ook ʼn ondertekeningsfooi van £25 miljoen ontvang.

Die sokkerster het Sondag in trane uitgebars tydens ʼn emosionele mediakonferensie waarop hy bevestig het dat hy Barcelona gaan verlaat.

Hy het ʼn masker gedra en was duidelik baie emosioneel. Voordat hy met verslaggewers kon gesels, het sy vrou vir hom ʼn sneesdoekie aangegee om die trane weg te vee.

“Die waarheid is ek gaan weg. Ek is so dankbaar vir die sorgsaamheid wat mense teenoor my betoon. Ek het nooit kon dink dat ek totsiens sal sê nie.”

Messi het gesê hy het “alles in sy vermoë gedoen” om by Barcelona te bly, maar dat die klub nie sy nuwe kontrak kon finaliseer nie weens “ligaregulasies met betrekking tot salarisse”.

“Ek het gerugte gehoor oor my dat ek nie wou voortgaan nie, maar ons het alles gedoen wat ons kon want ek wou bly. Ek en my familie was oortuig ons gaan tuis bly. Dit is wat ons wou hê. Ons het dit altyd ons eie gemaak en ons was tuis. Ons het gedink ons gaan hier in Barcelona bly, maar vandag sê ons totsiens vir alles.”

Ronald Koeman, hoofafrigter van Barcelona, asook Messi se nou-voormalige spanmaats Gerard Pique, Antoine Griezmann en Sergio Busquets, het die mediakonferensie bygewoon en het hom staande toegejuig aan die einde van sy toespraak. Messi was toe reeds baie emosioneel en het in trane van die podium af weggestap.

Messi, wat die gesogte Ballon d’Or-sokkertoekenning ses keer ingeoes het, reis Dinsdag na Frankryk om sy kontrak met die Franse sokkerklub te onderteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kaptein67 ·

Mooi Messi… Jy het jouself uit die mark uit geprys($)

Duck ·

JOH, miljoene vir ‘n sokker speler!
Nou is ek spyt ek is ‘n elektrisièn
Damn
wil niemand my ook ‘n paar milj betaal om lampe te vervang nie? LOL

Vonkprop ·

Los maar die traantjies Messi. Jy kies duidelik geld bo lojaliteit. Dit is eintlik pateties.

Daleen ·

So Vonkprop ek neem aan jou “lojaliteit” en nie geld betaal jou rekeninge? Ons almal werk vir geld en sokker is sy werk…..

Vonkprop ·

Lojaliteit betaal wel my rekeninge. Ek is al 15 jaar by dieselfde maatskappy en het al deur die jare baie aanbiedinge geweier, want my werk en mense was daar deur goeie en slegte tye en dit kan geld nie koop nie en as jy geld najaag gaan jy nooit tevrede wees nie.

Daleen ·

Vonkprop Messi is AL 21 jaar by FC Barcelona – geen lojaliteit? In elk geval ek en jy stry hier oor iemand se lojaliteit wat meer geld in sy beursie het as wat ek en jy in ‘n leeftyd sal verdien. Kom ons vat maar ons lunch boxies en gaan werk en verdien ons salarissies by die werk waar ons al jare lojaal is want Messi weet nie eens van ons bestaan of gee niks om oor ons opinies nie. Lekker werk ou Vonkprop.

Racheltjie Debeer ·

Vonkprop, ek stem saam met jou. Die man se netto waarde is $400miljoen. Ek kan nie glo dat 50% minder salaris hom armer sou maak nie. Buitendien, dis net sy salaris, dit sluit nie borgskappe in nie. Dis eintlik belaglik hoeveel geld sommige sportsterre verdien.

Hilda ·

Vonkprop. Het jy geweet Messi is die beste speler in die wêreld? Sou jy (as jy die beste in jou beroep in die wêreld is), 50% sny op jou salaris? Don’t think so.

Vonkprop ·

Hy mag die beste wees, maar hy is definitief nie lojaal nie. Gierigheid dryf hom tans.

pieter ·

100% reg Vonkprop.Dis die geldgod…Niks is ooit genoeg nie

Johann ·

Ag asseblief. Amper.so erg n ACT as OP die veld! Shame….seker die min geldhies wat die trane laat loop.

Danie ·

As jy minder geld aanvaar het kon jy by jou huidige klub gebly het en was daar nie die vreeslike tranedal nie. En as ek van minder geld praat, sou dit waarskynlik nogsteeds honderde miljoene gewees het.

Pieter ·

Messi het self aangebied om sy salaris met 50% tesny net sodat hy kon bly. Niks fout met sy lojaliteit nie.

Phillip ·

Wel n mens gaan beter nie slegter nie. As hulle hom meer kan gee gaan, strekte met jou sokker loopbaan . Hoekom doen jy aansoek vir werk vir n beter selaaris als word duurder en die verhooging is ook maar min

Anoniem ·

Ek kan nie sien of hy al die pad bank toe lag of huil nie. As hy nie met R512 000 000.00 per jaar plus R425 000 000.00 ondertekeningsfooi kan uitkom nie, vlieg hy te hoog.

pieter ·

Shame. Hy kan nie eers die rente op sy geld uitgee nie maar dit moet nog meer wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.