Foto: Prinses Charlotte se 9de verjaardag met skattige foto gevier

Prinses Charlotte. (Foto: X/KensingtonRoyal)

Nog ʼn foto uit die Britse prinses Catherine en prins William se kraal het vandag (Donderdag) die lig gesien ter viering van hul dogter, prinses Charlotte, se negende verjaardag.

Kate, soos die prinses van Wallis alombekend is, het die foto geneem van die skattige Charlotte waar sy langs ʼn klematisplant met pienk blomblare poseer.

Die foto volg skaars ʼn paar dae nadat ʼn troufoto van Kate en William Maandag op sosiale media gedeel is ter viering van die egpaar se 13de huweliksherdenking. Dié foto is nooit voorheen met lede van die publiek gedeel nie.

ʼn Foto waarin die skattige klein Britse prins Louis, die egpaar se jongste seun, van oor tot oor glimlag, is ook sowat ʼn week tevore ter viering van sy sesde verjaardag vrygestel.

Kate, wat onlangs bekend gemaak het sy het kanker, het dié foto ook geneem.

Charlotte is derde in die ry om die Britse troon te bestyg, naas haar pa, prins William, en haar ouer broer, prins George.

Koning Charles III ontvang ook tans kankerbehandeling, maar het onlangs weer sy amptelike pligte hervat. Die koning het sy pligte opgeskort toe hy in Februarie met kanker gediagnoseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.