Meer as 100 huise is in ʼn veldbrand verwoes wat op Kersdag deur ʼn kuslyngebied in die suide van Australië, wat gewild is onder toeriste, gewoed het.
Brandweerbeamptes in Victoria het gesê koeler weer Saterdag het die onmiddellike bedreiging verlig van die brand wat deur die skilderagtige Great Oceanweg geruk het.
Craig Lapsley, kommissaris van Victoria se noodbestuureenheid, het gesê niemand is beseer nie. Altesaam 116 huise is in die klein dorpies, Wye River en Separation Creek, verwoes.
Honderde brandbestryders het op Kersdag gespook om die brand onder beheer te kry. Die brand het glo weens ʼn weerligstraal ontstaan en duisende mense moes hul huise ontruim.
Verwoestende veldbrande kom gereeld in Australië voor tydens die somersmaande.
Bloekomwoude wat brand met 60-90km/h wind is nie speletjies nie. Voeg daarby sekere dele was die laaste 20-30 jaar nooit onder beheerde bestuur nie as gevolg van druk deur die “greenies” en dit was ‘n krytvat wat gewag het om te ontplof. Wonderlik dat niemand dood is nie.
Kruitvat dalk:-)