Foto’s: Ikoniese wêreldbakens belig oor Covid-19

Ikoniese monumente, standbeelde en bekende bakens reg oor die wêreld is die afgelope twee weke belig in solidariteit met die stryd teen die Covid-19-pandemie of ter ere aan gesondheidsorgwerkers.

Die ikoniese Matterhorn-bergpiek in Switserland word deur die ligkunstenaar Gerry Hofstetter belig om boodskappe van hoop, ondersteuning en solidariteit te versprei in die lig van die Covid-19-pandemie. Foto’s: (Valentin Flauraud/Keystone via AP)

Die woord “MERCI” word op die Eiffeltoring in Parys, Frankryk, vertoon om vir gesondheidsorgwerkers dankie te sê vir hul rol om die Covid-19-pandemie te beveg.

Die Christus-beeld in Rio de Janeiro, Brasilië, is belig met die vlae van lande wat deur die Covid-19-pandemie geraak word. Foto: (AP Photo/Silvia Izquierdo)

Die Gisa-piramides in Egipte is belig om mense te versoek om tuis en veilig te bly. Foto: (AP Photo/Nariman El-Mofty)

Die bekende Londense Oog en die Shard-gebou (regs) is in blou belig ter ondersteuning van gesondheidsorgwerkers van die NHS (die nasionale gesondheidsdiens). Foto’s: (AP Photo/Alberto Pezzali)

Die Kettingbrug in Boedapest, Hongarye, word in wit belig as ʼn huldeblyk aan die dokters, verpleegsters en gesondheidsorgwerkers in hul stryd teen Covid-19. Foto: (Maton Monus/MTI via AP)

Die BC Place-stadion in Vancouver, Kanada, is in blou belig om waardering te toon aan gesondheidsorg- en noodsaaklike werkers in die stryd teen die Covid-19-pandemie. Foto: BC Place/Twitter

Die Azadi-toring, ook bekend as die Vryheidstoring, in Tehran, Iran, is belig met verskeie uitbeeldings, insluitend die vlae van lande wat deur die Covid-19-pandemie geraak word.. Foto: Skermskoot uit video/@easygoiran/Twitter

Die Empire State-gebou in New York word in rooi en wit belig ter ere van gesondheidswerkers . Foto: (AP Photo/Frank Franklin II)

Hotelle in die stad Niagara Falls in Ontario, Kanada, het hul ligte gebruik om harte en boodskappe van hoop te vorm. Foto: (Tara Walton/The Canadian Press via AP)

Dubai se ikoniese Burj Khalifa is ook met verskeie boodskappe belig om dankie te sê aan diegene wat betrokke is by die stryd teen die Covid-19-pandemie en om mense te versoek om tuis te bly. Foto: @BurjKhalifa/Twitter

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Onnie ·

Die arme mamma hond met haar babas wat so aan haar drink laat my hart vermurwe. Ek kry die diere so jammer in hierdie tyd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.