Foto’s: Talle dood na tifoon Japan tref

Foto: (Yohei Kanasashi/Kyodo News via AP)

Soek-en-reddingswerkers in Japan probeer steeds soveel as moontlik mense help nadat tifoon Hagibis Saterdag getref het.

Die dodetal is na verwagting al reeds meer as 20 met talle mense wat vermis word. Die tifoon is intussen tot ʼn tropiese storm afgradeer.

Talle van die slagoffers is dood nadat hulle huise tydens modderstortings begrawe is, terwyl ander deur riviere meegesleur is.

Foto: (Yohei Kanasashi/Kyodo News via AP)

Die tifoon het wydverspreide vloede tot gevolg gehad en soek-en-reddingspanne is ontplooi om mense wat in hul huise vasgekeer is te probeer bystaan.

Meer as 370 00 huishoudings is sonder elektrisiteit gelaat, terwyl duisende huise oorstroom is.

Talle riviere het oorstroom en helikopters en bote word ingespan om mense te probeer red.

“Die tifoon het erge skade aangerig in die ooste van Japan,” het Yoshihide Suga, regeringswoordvoerder, aan verslaggewers gesê.

Ontruimingsentrums is in talle kusdorpies op die been gebring met derduisende mense wat daar skuiling soek nadat miljoene mense aangeraai is om hul huise te ontruim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anoniem ·

Ek dink die wêreld kyk met nuwe oë na Japan tydens die rugbytoernooi. Die nasie staan elke keer op na natuurrampe. So bly hulle het vandag gewen, passievol hulle alles gegee! Dit is skrikwekkend as mens oplees hoeveel rampe hulle al moes oorkom.

Ida kriel ·

Stem saam met jou Anoniem. Japan het nog altyd uit hul rampe opgestaan en ook as n nasie en regering saam gestaan. In SA sou die klomp nog die mense beroof het in hul mood en die Regering sou beloftes maak. Kry net meer respek vir die Japanners.

Dries ·

Ek stem saam met jou. Dis ‘n konstruktiewe nasie, hulle staan altyd op uit die as en ellendes wat hulle tref en met kreatiwiteit oorkom hulle hulle probleme. Hulle kou en kerm nie 24 uur per dag nie.

Corrien ·

Nou moet ons nog net gered word van die ANC, moontlik kan die ou Rsa weer opstaan. Die skade wat hier aangerig is het meer lewens gekos dan menige van die grootste rampe.

Ida Kriel ·

Sjoe hierdie is baie erg. Gun dit vir niemand nie. Japan sal moet besef hul moet wegkom van laerliggende areas en meer na veiliger gebiede beweeg.

Helena. ·

Dis vreeslik.. dan wil Scotland nog dreig met hof sake..dankie tog hulle het verloor, nou kan Japan voort gaan met die spel sonder dreigemente.

Koos Kookwater ·

Kyk mooi. Voor die WB eindstryd gespeel word is alle skade klaar herstel. Wag net vir die water om weg te vloei Dan begin hulle met die opruiming en herstel. GEEN kommisissie van ondersoeke en taakspanne nie

Neels ·

Stem bedlis saam met Anoniem en Ida …. Japan het beslis baie positiwiteit in hulle denke en optrede – in rugby, werrsomstandighede en anders ….

humor ·

stem saam oor hierdie positiewe volk. Ons in ons alle verdeeldheid kan gerus hieruit leer/ Ja baie erg heelwat erger as die destydse Nuweland modderpoel.

Wiehan ·

Ek sien op die TV nuus hoe gewone Japanese nadat hul hul.huise skoon gemaak het strate begin skoonmaak en opruim. As dit hier by ons was het ons almal in sak en as gesit en wag dat die regering dit moet doen.
Dis hoekom hul ons 100 jaar voor uit is. Niemand is lui nie

Chris ·

Japan is ‘n sterk tradisievaste hardwerkende nasie wat hul kinders grootmaak van kleins af met dissipline, respek en eerbaarheid. Kyk maar na hul atlete by die olimpiese spele. Hulle is ongelooflik. Niks kry hierdie mense onder nie, ek staan verstom oor hul effektiwiteit in alle moeilike omstandighede.

Riena ·

Japan is in die moeilikheid, meer as net natuurrampe wat opgeruim moet word. Met net een kind per gesin is hulle besig om hulself uit die weg te ruim. Dink net, geen broers/susters, geen ooms/tannies, net oupas en oumas. Dit sit `n baie swaar las op die middelgroep van die ekonomie met `n samelewing wat net ouer en ouer word. Hoe lank nog voordat hulle immigrante begin inneem om die werk te kom doen? Dan is dit verby.

Dries du Toit ·

Ja hier sou so n tragedie gesien word as n baie goeie geleentheid om te plunder. Nie net die armes nie maar veral die politici wat geleenthede soek uit die chaos

Attie. ·

Dis hoekom ek net Japanese karre ry. As hulle nie kan rugby speel nie dan huur hulle buitelanders om dit vir hulle te doen. My simpatie vir die Japanese. Cirel, gaan leer daar hoe los mens probleme op.

Corrien ·

Nou moet ons nog net gered word van die ANC, moontlik kan die ou Rsa weer opstaan. Die skade wat hier aangerig is het meer lewens gekos dan menige van die grootste rampe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.