Foto’s: Tornado tref Amerikaanse deelstaat

Skade aangerig in Jonesboro, Arkansas. (Foto: Quentin Winstine/The Jonesboro Sun via AP)

Ses mense is beseer toe ’n tornado Saterdag die stad Jonesboro in die Amerikaanse deelstaat Arkansas getref het.

Die tornado het die stad net na 17:00 getref en groot skade aan talle motors en geboue waaronder ’n winkelsentrum en lughawe aangerig. Die geboue was egter ten tyde van die tornado gesluit om die verspreiding van die nuwe koronavirus (Covid-19) te beperk.

Harold Perrin, burgemeester van Jonesboro, het gesê dit is moontlik dat baie meer mense seer kon kry sou die sentrums nie gesluit wees weens die Covid-19-pandemie nie. Jonesboro het sowat 75 000 inwoners.

Luidens inligting is skade van dié omvang laas in die 1970’s aan die stad aangerig toe ’n tornado ’n skool in puin gelê het.

Bronne: CNN, CBS News, ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wikkelwillie ·

Die Amerikaners het groot veg gees. Sou maklik kon opstaan na so n ramp… hoewel Corona nou alles vertraag. Jonesboro AR is my tuis dorp. Pragtige dorp en lieflike mense

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.