Frankfurt-buurt ontruim oor WWII-bom

Ambulanse en brandweerwaens staan voor ‘n gebou in Frankfurt terwyl daar gewerk word om ‘n WWII-bom onskadelik te stel. (Foto: Armando Babani/AFP)

Byna 13 000 mense moes hul blyplekke in ʼn buurt naby aan die stadsentrum van Frankfurt in Duitsland Sondag verlaat terwyl ʼn bom wat van die Tweede Wêreldoorlog dateer, onskadelik gestel is.

Die Britse bom van 500 kg is Donderdag op ʼn bouperseel in Duitsland se finansiële hoofstad aangetref.

ʼn Ontruimingsradius van 700 m is in die weste van die stad aangekondig in ʼn gebied wat verskeie ouetehuise, verhitting- en internet-infrastruktuurmaatskappye asook kantore van die spoorwegdiens Deutshce Bahn insluit.

Die werk sal na verwagting tot laatnag duur weens koronavirusbepalings wat nagekom moet word, het die owerhede gesê.

Sowat 75 jaar ná die oorlog is Duitsland steeds besaai met ploftoestelle wat dikwels tydens bouwerk oopgegrawe word.

Inwoners verlaat hul huise terwyl die toestel onskadelik gestel word. (Foto: Armando Babani/AFP)

Vroeër vanjaar het kenners sewe bomme op die toekomstige perseel van Tesla se eerste Europese fabriek, net buite Berlyn, onskadelik gestel.

Bomme is ook vroeër vanjaar in Keulen en Dortmund onskadelik gestel.

In 2017 het die ontdekking van ʼn bom van 1,4 t in Frankfurt tot die ontruiming van 65 000 mense gelei; die grooste ontruiming van dié soort sedert die einde van die oorlog in Europa in 1945.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ou bees ·

Wow hier by ons word nie baie versugtig gegrou nie so as dit nou hier was dan was n klomp mense al opgeblaas????

JohnnyS ·

Suid-Afrika was nooit aan die soort bombardering blootgestel soos wat in Duitsland plaasgevind het nie. Die kanse dat iemand op ‘n bom hier afkom is skraal.

Johan ·

Ek hoop hul eis skade en opruimgeld van die RAF wat so gretig was om brandbomme op die woongebiede te gooi? As Duitsland tot onlangs nog moes “skade” afbetaal kan die Britte ook maar. Dis maar n slegte geskiedenis waarmee die RAF sal moet saamleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.