Franse polisiebeamptes doodgeskiet toe hulle op klag reageer

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Drie polisiebeamptes is doodgeskiet en een gewond toe hulle Woensdag na ʼn huis in Puy-de-Dome in sentraal-Frankryk ontbied is ná ʼn klagte van huishoudelike geweld.

Die beamptes het die huis kort ná middernag genader en in hul poging om ʼn vrou te red, is hulle toe deur ʼn 48-jarige man met ʼn vuurwapen gekonfronteer.

Die gewapende man het eers een beampte doodgeskiet en ʼn ander een gewond voordat hy die huis aan die brand gesteek het. Hy het daarna op die ander twee beamptes losgebrand en hulle doodgeskiet.

Volgens amptenare is die vrou gered en het beamptes van die elitetaktiese eenheid op die perseel agtergebly om die situasie onder beheer te kry.

Brandbestryders was ook op die toneel om die brand in bedwang te bring.

Die gewapende man het glo vorige oortredings teen hom wat verband hou met kwessies oor kindertoesig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.