G7-beraad wil toekomstige pandemies stuit

V.l.n.r. Justin Trudeau (Kanada), Charles Michel (Europese Raad), Joe Biden (VSA), Yoshihide Suga (Japan), Boris Johnson (Brittanje), Mario Draghi (Italië), Emmanuel Macron (Frankryk), Ursula von der Leyen (Europese Kommissie) en Angela Merkel (Duitsland) tydens die familiefoto in Carbis Bay, Cornwall (11 Junie 2021) (Foto: Leon Neal/POOL/AFP)

G7-leiers het Saterdag ooreengekom om toekomstige pandemies te voorkom toe hulle hul gesprekke hervat het. Dit is die eerste beraad in byna twee jaar wat hulle in persoon bymekaarkom.

Die groep van leidende ekonomieë, Brittanje, Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan en die VSA, sal ook poog om hul Westelike demokratiese kohesie ten toon te stel teen ʼn herrese China en weerspannige Rusland.

Die leiers van Australië, Suid-Afrika en Suid-Korea sluit by hulle aan en Indië sal aanlyn inskakel.

Die G7 ontmoet van aangesig tot aangesig vir die eerste keer sedert 2019 by die Carbis Bay-hotel in die kusdorp Cornwall, in die suidweste van Engeland, ná die koronavirus daartoe gelei het dat verlede jaar se beraad gekanselleer moet word.

Die leiers het Vrydag die drie dag lange beraad begin met verwagtinge van ʼn ooreenkoms om een miljard entstofdosisse vanjaar en volgende jaar beskikbaar te maak aan arm lande – dit is te stadig om die krisis nou te beëindig, het aktiviste gesê.

Die Amerikaanse president Joe Biden het met ʼn boodskap van solidariteit opgedaag.

Ná die tradisionele familiefoto en aanvangsessie vir herstel ná Covid-19 het die leiers die aand ʼn onthaal geniet wat deur koningin Elizabeth II aangebied is by Cornwall se Eden Project.

Die G7 sal die naweek ook klimaatsverandering bespreek, beveiliging van die wêreldwye biodiversiteit, en die basis lê vir die Verenigde Nasies se COP26-omgewingsberaad in Skotland in November. Die leiers debatteer oor ʼn ooreenkoms om teen 2030 minstens 30% van die wêreld se land en oseane te beskerm.

Wat buitelandse beleid betref sal die leiers Saterdag na verwagting vanjaar se staatsgreep in Mianmar en hantering van pro-demokrasie-ondersteuners in Belarus bespreek as ook spanning met Rusland en China.

Meeste van die leiers sal Maandag weer in Brussel vergader vir ʼn Nato-vergadering voor Biden voortgaan met sy eerste beraad met pres. Wladimir Poetin in Genève.

Die G7 sal na verwagting ook die Carbis Bay-verklaring afhandel – ʼn rits beloftes om ʼn herhaling te voorkom van die verwoesting wat deur die koronavirus veroorsaak is. “Vir die eerste keer sal die wêreld se leidende demokrasieë saamkom om seker te maak dat ons nooit weer onverhoeds betrap word nie,” het Britse eerste minister Boris Johnson gesê. “Dit beteken die lesse wat die afgelope 18 maande geleer is en dat ons volgende keer dit anders sal hanteer.”

Die kollektiewe stappe sluit in om die tyd te verminder om entstof te ontwikkel en te lisensieer; behandelings en diagnose vir toekomstige siektes binne 100 dae en ʼn versterking van wêreldwye nasporingsnetwerke.

Die liefdadigheidsorganisasie Oxfam het intussen egter gesê só verklaring “doen niks om die fundamentele probleme aan te spreek wat verhoed dat entstowwe beskikbaar gemaak word aan die groot deel van die mensdom” nie.

Pres. Cyril Ramaphosa by die G7-beraad in Cornwall, Brittanje (12 Junie 2021) (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Pietertjie ·

Moes dit nie die G-9 beraad gewees het nie? Tensy sekere lande oor-verteenwoordig is op die foto…

Johann ·

En so land Afrika bakhand en demanding. Skaamtelose ondersteuners van pelle in posisies (kaders) wat tuis vat en gryp van grondvlak tot ministers.

Skillie ·

Haat nie die kolonialiste as daar bakhand gestaan word nie pfffff.

Skillie ·

Hulle weet net waar om bakhand te staan as dit voordelig is vir die kaders terwyl ons nie werklik welkom is in ons eie land nie

Marthinus W ·

“weerspannige Rusland”. Weerspannig beteken ongehoorsaam, opstandig. Rusland is dus uitgegooi omdat hulle nie die knie wil buig onder die EU en VSA nie. China se ekonomie is die tweede grootste ter wereld, maar wil ook nie die knie buig nie. China en Rusland voel hulle is soewereine, onafhanklike state, nie wassalstate van Brussel en Washington DC nie. [Poetin het genoem dat die G7 eintlik nutteloos is, hy verkies die G20, omdat meer lande betrek word.] Die rede waarom Von der Leyden op die foto is, is omdat die EU uitgenooi is, as gas.

Keelvol ·

China se ekonomie groei met voorberade gedagtes. Hulle gaan binnenkort hulle pond vleis kom opeis. China is erg kommunisties. Rusland het die regering verander maar die politieke spel is nog steeds dieselfde. Rusland is onderduims net soos China.

Johan ·

Marthinus, jy is 100% reg, omdat Rusland n sê het in die VN word die “G watookal” gebruik om teen hul saam te span. Die mense op daai foto verteenwoordig n groep baie ambisieuse duiwel aanbidders, wat die wêreld met n yster hand wil “regeer”. Kyk maar hoe vinnig het hul mag gegryp met die “pandemie”, beplan ook reeds die volgende een.

Dries ·

Wat soek SA daar. Ramaphosa kruip dan by China en Rusland in. Hulle moet maar versigtig wees vir hom. Dit is vreeslik om te dink ons President. is die enigste kommunis tussen daai lot. More kruip hy weer by sy maatjies van BRICS in

Anel ·

Nou hoekom moet pandora saamgaan? Kan ou maparra nie alleen praat nie? Al die ander presidente het nie ‘n entourage saam nie. Moet ou pandora nou ou rampie se hand gaan vashou? En wie moet betaal vir hulle vakansie?

Jan ·

Die verwoesting is nie deur die virus veroorsaak nie maar wel deur die hantering daarvan. Die hele strategie is gemik op geldmaak met entstowwe terwyl beheer oor en manipulering van die wêreldbevolking gevestig word. Dit is gedoen deur die instelling en afdwing van drakoniese “beheermaatreëls” wat eindeloos meer skade as goed doen.

Pieter ·

Narre, insluitend ons. Op NetNuus word daar foto’s gewys hoe die leiers en koninklikes sonder maskers rondloop en selfs die publiek en polisie in die strate van ‘n Cornwallse dorp. Covid, klimaatsverandering en bevolkingsbeperking agendas gaan hand in hand. Wat kan ons julle nog wysmaak?

Dirk Mostert ·

Saterdag, 29 Mei het meer as ‘n miljoen Engelse aan ‘n optog deelgeneem deur London, sonder maskers of sosiale distansiering. Plakkate met o.a. “The BBC is the Virus”, “No Vaccine Passports” en “Down with Covid Tyranny” is gedra. Die hoofstroommedia (MSM) swyg daaroor.

Willem ·

Daar is ‘n Engelse uitdrukking wat só lui: Running with the hare and hunting with the hounds”. Daar is nou ‘n presiese beskrywing van Ramaphosa en sy Marxistiese regering. Wat soek hy by ‘n beraad van Westerse lande? Sy maatjies is mos meer oos of hoe?

Dries ·

Wens hulle wil besef die grootste en gevaarlikste virus in SA gaan hulle ook nog bekruip. Die ANC

Jacobus ·

Dan moet verskeie ongure baie hoë karakters hulle hande uit die wêreld se geldlaaie hou. Hierdie pandemie het die gemiddelde persoon verarm en goedgeplaasdes dronk ryk gemaak. Hulle moet opgespoor word en van die wêreld toneel verwyder word. Hulle beheer van die farmaseutiese bedryf tot groot media belange, om nie van politieke beheer te praat nie.

MakersMark ·

Gaan bedel weer vir inentings. Wonder watter een van die ander mense op die podium se persoonlike netto waarde kan saampraat met die van die SA president……africanacity.

Yolandie ·

Moenie dat ek lag nie. Covid pandemie het die wereld nie per ongeluk getref nie. China is vierkantig verantwoordelik daarvoor…..waarom mag julle vra???? Want hulle wou Amerika as die grootste en magtigste wereld land onttroon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.