Haaiaanval eis ‘seeliefhebber’

Simon Nellist (Foto: Twitter)

Die Australiese man wat Woensdag ten aanskoue van omstanders deur ’n witdoodshaai aan die kus van Sydney aangeval is, het glo op trou gestaan. Hy het ook geoefen vir ’n swemmarathon vir liefdadigheid.

Dié geleentheid, wat oor die naweek sou plaasvind, is intussen gekanselleer.

Sydney se eerste haaiaanval-slagoffer in 59 jaar is Donderdag deur plaaslike media as Simon Nellist (35) geïdentifiseer. Nellist was ’n duikinstrukteur van beroep en word as ’n seeliefhebber onthou.

Maroela Media het vroeër berig Nellist het “katastrofiese beserings” gedurende die aanval by Little Bay-strand – ’n “rustige strand” naby Malabar – opgedoen.

’n Reddingshelikopter en vier ambulanse is ná die voorval tevergeefs na die strand ontplooi en daar was niks wat paramedici vir hom kon doen nie.

’n Grafiese video van die liggaam in die water getuig hiervan.

Argieffoto (Foto: Twitter)

Sedert die aanval het Australiese owerhede aaslyne in die water gegooi om die witdoodshaai te probeer opspoor. Beamptes is met bote op die see uitgestuur terwyl hommeltuie ook ingespan is in die soektog na die dier.

“Gegrond op beeldmateriaal wat deur die publiek verskaf is, asook ooggetuieverslae… glo haaibioloë dat ’n withaai, minstens drie meter lank, waarskynlik vir die aanval verantwoordelik was,” het die plaaslike regering gesê.

Dit is die eerste noodlottige haaiaanval sedert 1963 in Sydney.

Die aanval het gemeenskappe in die ooste van dié stad geruk aangesien swem, die strand en die see deel van dié inwoners se daaglikse lewe is.

“Ons weet almal dat ons ’n risiko loop elke keer as ons in die water gaan,” het die 45-jarige inwoner Kim Miller gesê.

“Dit het vandag ʼn bietjie nader getref toe ons hoor dit is ’n langafstand-seeswemmer, met die wete dat dit ’n roete is wat ons self al soveel keer geswem het,” het Miller gesê. “Ek voel ’n bietjie ongesteld vanmiddag.”

Altesame 13 strande reg oor Sydney is tans gesluit terwyl daar na die haai gesoek word.

Bronne: AFP, 7NEWS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Kneh Mokenah ·

Ek het die video gesien, nie ‘n mooi prentjie nie.

Rayman ·

Dit is slag om te hoor maar nou wil hul die haai doodmaak, vir wat?
Die mense swem in die haaie se gebied en as die haai dink daar is iets om te eet dan mag hy nie want hy gaan dood gemaak word net as hy dink om iemand te byt in die see

Essie ·

Ek stem ten volle met jou saam so het elke ding op aarde sy eie gebied

Chantel ·

Presies, asof die haai nou regtig gaan onthou dis ‘n mens. Sjoe mens moet net bietjie navorsing gaan doen oor hoekom haaiaanvalle gebeur. Dis ‘n verskriklike dood, maar soos jy tereg noem, ons is in sy habitat.

kaplyn ·

Ek stem ook saam. ‘n Mens sal tog nie deur die wildtuin met ‘n skaatsplank ry nie. Dit is nie jou gebied nie. Dit is oom leeu se plek. So die see is oom haai se plek.

Rudolph ·

Ek wonder wat wil hulle met die haai maak. Die oseane is haaie se habitat. Mense is landdiere. As mense hulle begewe in seediere se habitat moet hulle die gevolge daarvan aanvaar. My benadering is dat ons sovêr as prakties moontlik uit diere se pad uit bly. Dit is vir my onaanvaarbaar arrogant dat mense nette in die see span (en daardeur seediere laat sterf) sodat mense in die see kan swem. Ek sê mense moet hulle kanse vat as hulle wil swem of branderplank ry andersins bly uit die water weg. Niemand is verplig om die see in te gaan nie

Treurwilger ·

Baie mense voel presies soos jy oor die saak, Rudolph.
Ander sê weer Australië is ‘n snikhete land waar 90% mense binne 100 km van die kus woon en die uitgestrekte strande en swem in die see graag wil benut in veilige omstandighede.
Dan is dit tog nie te veel gevra dat slegs ‘n paar uitgesoekte swemplekke met haainette beveilig word nie.
Mense wat dit buite dié dele waag, doen dit dan op eie risiko, en ek stem saam, geen vergeldingstogte nie.

Chantel ·

Dit is so, maar, ek moet ook byvoeg, dat as mens na die video kyk, het hy tien teen een gesnorkel of iets soortgeleik naby die rotse. Waar vissermanne staan en visvang met byt. Hoe dan anders as ‘n moontlik haaiaanval.

Treurwilger ·

Jip.
Vreemd dat ‘n ervare duikinstrukteur so onbedag/onverantwoordelik was.
Uiters tragies.
En die gevolglike haaijag pure sotlikheid, waarmee hy as seelewe-liefhebber heel waarskynlik nie sou saamstem nie.

Essie ·

Mense moet net onthou moenie die haai enige skade aandoen nie dit is sy gebied en onthou dis n wilde dier

Martin ·

My simpatie aan die familie. Die mense wat die see ook goed ken en baie tyd in die see spandeer weet vir ‘n feit dat mariene bioloë verkeerd is en hulle probeer altyd slim wees wanneer dit by haai navorsing kom! Die Witdood, Tierhaai en Zambesi haaie se nommers is definitief nie besig om af te neem nie die nommers bly konstant! In sekere areas raak die Witdood ‘n probleem omdat hulle nommers buitensporig vermeerder. Ek ondersteun nie die doodmaak van haaie as ‘n reaksie op haai voorvalle waarby mense betrokke is nie, Hierdie benadering veroorsaak onnodige dierelyding vir beide teiken- en nie-teikenspesies. Die beskikbare wetenskaplike bewyse ondersteun nie die bewering dat die dood van sekere haaie die risiko vir openbare veiligheid verminder nie. Dit sal altyd ‘n risiko bly om in die see te surf, kreef en perlemoen te duik of om in die see te swem. Indien die spesifieke vis wat betrokke is ‘n mensvreter raak en ‘n probleem veroorsaak moet hy ongelukkig van kant gemaak word.

Treurwilger ·

Waardeer beide van jou sinvolle kommentare, Martin.
Geniet die see!

Elmarie ·

Kan nie glo die klomp is so onnosel nie. Hoe gaan hulle nou weet dis die regte haai sou hulle een kry? Die swemmer het geswem waar visgevang word, dus was daar baie “bait” in die water asook vis wat agter dit aan was, so dit was nou eenmaal moeilikheid soek. Nou is hul histeries aan die soek na “‘n” haai! Regtig? Ons is in hulle omgewing as ons in die see gaan, nie andersom maar doodmaak die wil ons. Absolute skande.

krodedil ·

Jy lewer kommitaar op jou onkunde gebaseer op persoonlike emosies.

Helene ·

RIV Simon. Maar om die haai te jag is verregaande. Dat so n manjifieke dier nou moet doodgemaak moet word en dit in sy eie domein. Die mens se arrogansie verstom my!

Marie ·

Australië is ‘n regte “nanny state”. Alles en almal moet dom reëls gehoorsaam, nou ook die haaie. Die haai doen dit waarvoor hy ontwerp is nl. eet om te oorleef. Los hom in vrede.

Martin ·

Ek stem saam met Elmarie en ondersteun ook nie die doodmaak van haaie as ‘n reaksie op haai voorvalle waarby mense betrokke is nie, Hierdie benadering veroorsaak onnodige dierelyding vir beide teiken- en nie-teikenspesies. Indien hierdie spesifieke Witdood 100% uitgeken kan word wat amper prakties onmoontlik is, hetsy die vis getag is of ‘n opsporing apparaat op sy lyf het of wat ookal en hy gaan byvoorbeeld uit om jag te maak op nie-uitgelokte swemmers is dit ‘n ander storie en kan die saak volgens meriete oorweeg word om die spesifieke haai op te spoor en dood te maak. Surfers wat in diep water surf is ‘n ander storie, dit is die haaie se omgewing daardie en as jy gebyt of aangeval word is dit ongelukkig so. Die swemmer wat aangeval was het in diep troebel water geswem waar die Witdood kan voorkom en die swemmer moes kennis gedra het dat daar ‘n moontlikheid kan wees dat daar moontlik haaie in die omtrek kan wees. Elke keer dat ek die see ingaan weet ek waarvoor ek my inlaat…

krodedil ·

Lyk my hier is baie sogenaamde diere kenners wat niks van diere en hul gewoontes weet nie. As ‘n leeu ‘n mens doodbyt sal dit sy gewoonte word om mense te jag want hulle is makliker prooi as ander wilde diere. Dis waarom mensvreter leeus gesoek en doodgemaak word. Dieselfde met haaie. As ‘n haai eers ‘n mense doodgebyt het sal hy altyd mense as die eerste maklikste opsie as prooi sien en aanval. Die SPCA het gister ook die honde uitgesit wat die man doodgebyt het om dieselfde bogenoemde redes.

Elmarie ·

En sê JY ons wat nou só ‘n kenner is hoe gaan hulle weet watter haai skuldig is aan hierdie aanval. Dis absoluut belaglik. Die swemmer is aangeval omdat hy tussen visvangery geswem het waar “bait” in die water is, dus ook baie prooi vir haaie. As die haai dus die swemmer aangeval het is dit die rede. Miskien moet jy bietjie by die haainavorsingsmense gaan kyk en leer wat gaan regtig vir wat

krodedil ·

Jy onkunde spreek boekdele. Dis reeds hierdie selfde Haainavorsings departement wat op soek is na die haai. Gaan doen jouself ‘n guns en gaan lees ‘n bietjie na. Die kan miskien help om in die toekom eerders op feite te reageer as op persoonlike gevoellens.

Treurwilger ·

krokedil,
Hang af of dit ‘n Australiese haainavorsingsinstituut is, of SA’ners wat al vergeet het wat Aussies nog moet leer oor haaie en veilige strande.
Die onbeholpe geweifel en getwyfel oor wat die beste roete is om te volg, is voortdurend.
uit (Perth Shark Central)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.