‘Hannah Montana’-aktrise verloof

Emily Osment spog met haar ring op sosiale media. (Foto: Instagram/@Emily Osment)

Die Disney-kanaal aktrise Emily Osment het haar sprokiesverhaaleinde gekry toe sy die afgelope naweek die jawoord vir haar kêrel, Jack Anthony, tydens ʼn staptog in Kalifornië, VSA, gegee het.

Osment, wat bekend is vir haar rol as Lily Truscott in die Disney-reeks Hannah Montana, het Maandag dié nuus op haar Instagram-blad aangekondig.

“Hierdie magiese, pragtige, kaleidoskoop van ‘n mens het my die naweek gevra om met hom te trou. Ek het nie geweet die lewe kan so soet wees of dat ek ooit so verruklik gelukkig kan wees nie,” het sy in ʼn plasing saam met ʼn foto van Anthony en verloofring geskryf.

Dié unieke goue ring is klaarblyklik ook “The Best of Both Worlds” en spog met ʼn groot diamant én groen edelsteen langs mekaar.

Emily Osment en haar verloofde, Jack Anthony. (Michael Tran/AFP)

Osment het in 2021 vir die eerste keer ʼn foto van Anthony op sosiale media gedeel, maar is bekend daarvoor dat sy haar persoonlike lewe en verhoudings dikwels uit die kollig hou.

Sy is deesdae op die kassie te sien as Mandy McAllister in die televisiereeks Young Sheldon.

Osment is ook die jonger suster van Haley Joel Osment, wat veral as kinderakteur naam gemaak het in flieks soos Paying it Forward en The Sixth Sense.

Bronne: People, Us Weekly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Harry ·

What? Now I can sleep well knowing this. It is truly life-changing information. Thank you for this fantastic information!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.