Heldeverering vir Kubaanse dokters wat van Italië terugkeer

Kubaanse medici by die lughawe in Havana, Kuba (8 Junie 2020) (Foto: Ismael Francisco/Pool via AP)

Kubaanse medici is Maandag tuis verwelkom met ʼn persoonlike boodskap van die land se president en luide applous van die publiek ná ʼn sending om koronavirus-pasiënte in Italië te behandel.

Die 36 dokters en 15 verpleërs was twee maande lank in die Lombardye-streek en het 516 pasiënte behandel, aldus die Kubaanse ministerie van gesondheid.

Miguel Diaz-Canel, president van Kuba, het die medici deur middel van ʼn videoboodskap by die lughawe in Havana terug verwelkom. Landsburgers het van balkonne en sypaadjies met luide applous en ʼn gejuig die medici verwelkom toe hulle in busse verbygery het.

Die span sal nou 14 dae lank in kwarantyn bly in ʼn kliniek. Nog ʼn span Kubaanse dokters werk steeds in Turyn, Italië.

Kuba het 34 mediese spanne na 27 lande gestuur as ondersteuning in die stryd teen Covid-19. Selfs nog voor die pandemie was dit een van die land se belangrikste bronne van inkomste om dokters en verpleërs oorsee te stuur.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frederik C ·

Nou het die Kubaanse regering darem weer ‘n bietjie geld.

Stofdonkie ·

Die kubane verstaan hoe om geld te maak uit die wererldwye ramp met hulle “human trafficing scheme” onder die vaandel van “dokters”. Ons eie regering het self so klompie geneem teen astronomies koste, maar dis seker wat die kommuniste maar doen om mekaar te help en geld gewas te kry.

Patches ·

Ek wil net weet. Wat.maak die kubaanse dokters so spesiaal? Hier was en is hoeveel van ons eie afgestudeerde dokters in die land wat nie gebruik word nie , en wat hul self vrywillig gaan anmeld het by dwelm en alkohol verslaafde klinieke waar die nood net so groot is. Ek ia so keelvol vir ons regering. Geen een van hulle en die res van die politieke partye kan vertrou word nie . Almal het hul verskeie verskuilde agendas en die belange van die bevolking kom nie eerste nie.

Pierreli ·

Moenie vergeet nie, hulle is kommunisties, dieselde as ons nuwe regering, die kommuniste is mos baie slim, hulle weet alles!

Pierreli ·

Hulle gaan nou seker terugkeer na hul nuwe tuiste ZA, om hulle te verening met hul lands genote.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.