Hier is die vriendelikste stede in die wêreld

Kaapstad (Foto: Heinrich Botha/Pixabay)

Die webwerf Big 7 Travel wou by sy 1,5 miljoen lesers weet wat hulle dink die vriendelikste stede ter wêreld is.

Gebruikers is aangemoedig om onder andere in ag te neem hoe maklik dit is om jou weg te vind in die stad, hoe graag vreemdelinge jou help as jy onseker is en hoe maklik dit is om vriende te maak in die plaaslike kroeg.

Kaapstad is 14de op die lys en volgens die webwerf is die plaaslike inwoners “lewenslustig en hartlik en verwelkom graag besoekers aan die stad”.

Vancouver in Kanada het egter met die prys weggestap, danksy sy “buitengewoon vriendelike inwoners”. “Die stad het ʼn verstommende multikulturele gemeenskap wat saamstaan om besoekers te alle tye welkom en veilig te laat voel. Plaaslike inwoners help graag toeriste en die gemeenskap maak dit eenvoudig om sosiaal te verkeer in Vancouver.”

Klik hier om meer te lees.

Hier is die lys:
50. Rome, Italië
49. Casablanca, Marokko
48. Berlyn, Duitsland
47. New York, New York in VSA
46. Ho Chi Minh, Viëtnam
45. Kiëf, Oekraïne
44. Colombo, Sri Lanka
43. Honolulu, Hawaii
42. Madrid, Spanje
41. Sydney, Australië
40. Londen, Engeland
39. Genève, Switserland
38. Guangzhou, China
37. Puerto Vallarta, Mexiko
36. Moskou, Rusland
35. Jaipur, Indië
34. Montral, Kanada
33. Charleston, Suid-Carolina, VSA
32. Manchester, Engeland
31. Boedapest, Hongarye
30. Amsterdam, Nederland
29. Lissabon, Portugal
28. Tokio, Japan
27. Bogotá, Colombia
26. Lilongwe, Malawi
25. Stockholm, Swede
24. Singapoer, Singapoer
23. Mexikostad, Mexiko
22. Kopenhagen, Denemarke
21. Nairobi, Kenia
20. Siem Reap, Kambodja
19. Houstan, Texas, VSA
18. Muscat, Oman
17. Cork, Ierland
16. Adelaide, Australië
15. Athene, Griekeland
14. Kaapstad, Suid-Afrika
13. Abu Dhabi, VAE
12. Santa Domingo, Dominikaanse Republiek
11. Chiang Mai, Thailand
10. Glasgow, Skotland
9. São Paulo, Brasilië
8. Nashville, Tennessee, VSA
7. Christchurch, Nieu-Seeland
6. Dublin, Ierland
5. Hamburg, Duitsland
4. Taipei, Taiwan
3. Brugge, België
2. Kuala Lumpur, Maleisië
1. Vancouver, Kanada

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Cathy Kotze ·

Veels geluk Kaapstad. Veertiende op die ranglys is gladnie sleg nie. Die meeste Suid-Afrikaners is wonderlike mense en meer stede en dorpe behoort te kwalifiseer indien misdaad hokgeslaan kan word.

Vancouver is ‘n pragtige stad en die mense is werklik vriendelik. Dis een van ons gunsteling stede in Kanada. (En net ‘n ferrie vaart weg van waar ons woon).

Ons was die afgelope week in Puerto Vallarta, Mexiko. (Nommer 37). Nog ‘n plek wat die moeite werd is om te besoek, veral tussen Desember en April wanneer dit nie so vrek warm is nie. Verblyf is baie bekostigbaar en die mense is pragtig! Die omgewing is ‘n tropiese paradys.

Stan ·

Op my lysie sou Taipei eerste wees, Brugge tweede, Tokio derde, Christchurch vierde en Adelaide vyfde. New York, Sydney & Hamburg sou nie my my lysie gehaal het nie.

Willem ·

Toe ek laas gekyk het was Kaapstad die stad met die hoogste moordsyfer in die wêreld. Hoe is moord vriendelik?

Adri ·

Vra ek ook, Willem. Ek wonder watter maatstawwe word aangelê. Moet sê ek dink nie veel van die beslissings nie.

Jaco ·

Willem lees asb die berig weer, dit gaan oor n peiling met toeriste oor die vriendelikste stad, wat beteken die toeriste sou meestal in die toeriste areas beweeg. Jy moet die glas half vol begin sien en nie die negatief in alles nie.

Cherokee ·

Ek het al heelwat getoer en het ook my eie lys opgestel. Durban het die eerste drie plekke gehaal.

Niklaas ·

Iets rym nie lekker met Vriendelike Kaapstad en Geweldadige Kaapstad vir my nie. Dis nogal vreemd hoe no 14 toegeken is.

Pop ·

Kaapstad is rustig en wonderlik. Die moorde vind plaas in die bende gebiede en dis ver van die middestad en strande in kaapstad. Dan is daar die wonderskone Strand en Gordonsbaai. Nerens is so mooi strand saans as juis in Strand nie.

Michael P ·

Pop. As jy nog nooit die waarheid gepraat het nie. het jy dit so pas gedoen. Moes eintlik no. een gewees het Lees weer Pop se kommentaar.

Kaaskop ·

Ek is bevoorreg om al in 75 lande te werk of vakansie te hou, oa meer as 70 keer in Nairobi gewees. Vir my sou Nairobi verseker nie onder die top 50 stede gewees het nie, ok nie A’dam, Athene of enige Ingelse stad nie. Portgal, Kroasie en Slowenie sou vir my bolangs gewees het. Inteendeel, ons het gevind dat oor die hele wereld deur, die mense in die kleiner dorpies veel vrienderliker is as in die groot stede.

Jannie ·

Ek woon reeds 40÷ jaar in die Kaap. Was ook al in Sydney! Ek plaas Sydney VÊR bo Kaapstad op so ‘n lys!!

Marinda ·

Yes Foxi, CT. I’d rather live there than any where else in SA. Everyone is so friendly and helpful.

E.K. die eerste ·

Ai tog negatiewe LEES die berig oor HOEKOM ‘n stad gekies is – NIKS te doene met moordsyfers nie, nog minder met die ANC. Vaderland! Almal weet ook nou al die moordsyfer is HOOFSAAKLIK toe te skryf aan bende-aktiwiteite en moorde op die Kaapse Vlakte nie Kaapstad self nie. Geluk Kaapstad!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.