Is jy gereed vir ʼn ‘Squid Game’-uitdaging?

Kort na die aankondiging dat ʼn tweede reeks van die gewilde Suid-Koreaanse drama Squid Game op pad is, het Netflix ook opwindende nuus met aanhangers gedeel.

Dié platform het Woensdag bekendgemaak dat kykers nou kan inskryf vir ʼn werklikheidsweergawe van die reeks Squid Game: The Challenge, wat in 2023 geskiet word.

Netflix beskryf dit as sy “grootste sosiale eksperiment ooit”, en sê spelers sal meeding “in ʼn reeks gewaagde speletjies”.

Deelnemers wat gekeur word, ding mee om miljoene dollar se prysgeld te wen, met die voorwaarde dat jy nie gewelddadig vermoor sal word as jy, soos in die fiktiewe reeks, verloor nie.

“Met die grootste rolverdeling in werklikheid-TV-geskiedenis, sal 456 regte spelers aan die wedstryd deelneem in ʼn poging om prysgeld van $4,56 miljoen (sowat R73 miljoen) te wen,” het Netflix in ʼn verklaring gesê.

ʼn Spesiale webwerf, SquidGameCasting.com, is sedertdien opgestel waar kandidate kan inskryf. Die program is op soek na Engelssprekende persone wêreldwyd, wat minstens 21 jaar oud is en vroeg in 2023 vir tot ʼn maand beskikbaar is om te reis.

“Daar is baie op die spel, maar in hierdie wedstryd is die ergste lot om met leë hande huis toe te gaan,” het Netflix verder berig.

Squid Game handel oor deelnemers van gemarginaliseerde gedeeltes van die samelewing wat meeding in tradisionele Suid-Koreaanse kinderspeletjies vir geld – met die verloorders wat hulle lewe verloor.

Maroela Media het vroeër berig dat die skepper van die reeks, Hwang Dong-hyuk, nog die draaiboek van die tweede seisoen moet skryf en dit sal na verwagting eers in 2024 gereed wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Miena ·

Dis n pot loutere … nonsens daai. Het self ook gekyk om te sien waaroor die bohaai gaan

KatjieDeKat ·

Ek hou my nie op met hierdie gemors nie. Ons woon al klaar in n Hunger Games land. Jy wen elke oggend as jy lewendig wakker word, en n bonus prys as jy saans veilig by die huis kom. Enough entertainment, thanks but no thanks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.