Israel-Palestina-skietstilstand stabiel; hulp vir Gasa

Inwoners van Gasa-stad het Vrydag vroegoggend die strate ingevaar nadat ‘n skietstilstand in werking getree het. (Foto: MOHAMMED ABED/AFP)

Die skietstilstand tussen Israel en Palestina in Gasa is Saterdag stabiel, terwyl humanitêre hulp opdaag ná 11 dae van bloedvergieting.

Terwyl duisende Palestyne Vrydag teruggekeer het na hul huise en Israeli’s hul normale bedrywighede hervat het, het die internasionale fokus verskuif na ʼn herkonstruksie van die Gasa-strook.

Die Israelse polisie in Jerusalem het egter betogers voorgekeer wat klippe gegooi het na die hoogs sensitiewe Al-Aqsa-moskee – ʼn bewys van hoe gespanne die situasie steeds is, twee weke ná soortgelyke onderonsies tot die konflik se ergste eskalasie in jare gelei het.

Israeli-magte het ʼn AFP-fotograaf aangerand wat die onrus wou dek.

Daar was ook oproerigheid in verskeie ander dele van die Israeli-besette oostelike Jerusalem en by die kruising tussen Jerusalem en die Wesoewer, het die Israelse polisie gesê. Honderde beamptes en grenswagte is gemobiliseer.

Die Amerikaanse president Joe Biden het onderneem om pogings te help fasiliteer om Gasa te herbou. “Ons het steeds ʼn twee-nasie-oplossing nodig,” het hy gesê. “Dit is die enigste antwoord.”

Humanitêre hulp

Vuurpyle word van Gasa-stad na Israel afgevuur.
(Foto: MAHMUD HAMS/AFP)

Konvooie vragmotors met hulp het in Gasa in beweeg deur die Kerem Shalom-kruising ná Israel dit weer oopgemaak het met noodsaaklike medisyne, kos en brandstof.

Die Verenigde Nasies se noodreaksiefonds het gesê hy het $18,5 miljoen beskikbaar gemaak vir humanitêre hulp.

Duisende Gasa-inwoners het Vrydag vir die eerste keer uit hul huise gekom om ondersoek in te stel oor die welstand van hul bure en die skade aan geboue te bepaal.

Reddingsbeamptes is steeds besig om enige oorlewendes onder puin op te spoor.

Israelse lugaanvalle sedert 10 Mei het altesaam 248 mense, insluitend 66 kinders, se lewens geëis. Minstens 1 948 persone is beseer, het die ministerie van gesondheid gesê. Soldate is ook van die sterfgevalle.

Sowat 120 000 mense is dakloos gelaat, aldus Hamas.

Die Israelse Weermag het gesê Gasa-militante het meer as 4 300 vuurpyle in Israel se rigting afgevuur waarvan 90% deur sy lugverdediging onderskep is. Twaalf mense, insluitend een kind, ʼn tiener en ʼn Israelse soldaat, is in Israel dood. Een Indiër en twee burgers van Thailand is ook oorlede, het Israelse owerhede bygevoeg. Minstens 357 mense het beserings opgedoen.

“Ons boodskap aan die vyand is duidelik: As jy terugkom, sal ons ook terugkom,” het ʼn woordvoerder vir die gewapende magte in Gasa tydens ʼn perskonferensie gesê. Benny Gantz, Israel se minister van verdediging, het gewaarsku “die vyand” het nie immuniteit nie.

Albei kante vier oorwinning

Albei kante, insluitend Gasa se tweede grootste gewapende groep, die Islamitiese Jihad, het oorwinning gevier ná Egipte die skietstilstand onderhandel het.

Eerste minister Benjamin Netanyahu het gesê Israel se bombarderingsveldtog het “meer as 200 terroriste” in Gasa se lewens geëis, “insluitend 25 senior bevelvoerders – ʼn uitsonderlike sukses”.

Ismail Haniyeh, Hamas se politieke hoof, het gesê hulle het “ʼn pynlike en ernstige knou toegedien wat diep merke sal laat” op Israel. Hy het Iran bedank “vir die verskaffing van fondse en wapens”.

Iran het ook die “geskiedkundige oorwinning” geloof en sy ondersteuning opnuut aan Palestina bevestig.

Staatsmedia in Egipte het gesê twee sekuriteits-afvaardigings is ontplooi om die ooreenkoms aan albei kante te monitor.

“Werklike geleentheid”

Wêreldleiers het die skietstilstand verwelkom.

“Ek glo ons het ʼn werklike geleentheid om vordering te maak en ek bly verbind daartoe om daaraan te werk,” het Biden bygevoeg.

Die Europese Unie het ook sy versoek, vir ʼn twee-nasie-oplossing, herhaal.

Die VSA se topdiplomaat Antony Blinken sal oor die volgende paar dae met sy eweknieë in Israel en Palestina vergader om pogings tot die heropbou van Gasa te bespreek.

Rusland en China het versoek dat daar na die vredestafel teruggekeer moet word en Antonio Guterres, hoof van die VN, het gesê Israel en Palestina moet nou “ʼn ernstige gesprek hê om die wortel van die konflik” aan te spreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tipper ·

Nou kan dit Israel n rede gee om te skiet as Haasdas nie by skietstaking gaan hou nie.

Hydi ·

Wil nou nie pessimisties wees nie, maar hierdie konflik strek dieper as net wortel diep. Waar geloof betrokke is en konflik oor grond, is die konflik nimmereindig.

Dries ·

Palistyne vier fees oor oorwinning???? Tipies van hierdie mense hoe groter die vernietiging van infra struktuur en mense verlies hoe meer juig hulle. Klink soos die EFF

JohanR ·

En dan wil Hamas beweer hulle het gewen. Hoekom is die Jode soe hardegat. Gaan lees ‘n paar boeke oor die Holocaust dan sal jy besef hoekom die Jode nooit weer sal toelaat dat iemand hulle van die aarde probeer uitwis nie. Daai konsentrasie kampe van 1939 – 1945 was nie ‘n vakansie nie!

annie ·

?.. seker Palestyne in Gaza? Palestina was die naam wat die Romeine destyds gegee het vir die hele streek en die Jode het die woord laat voortleef en later hul land Israel genoem. Die spul Moslems sal hul wat verbeel dat hulle nou skielik die eienaars van die gebied, Israel ingeslote, is… inteendeel dit sal nooit ooit tot in die hiernamaals wees nie… volgens die Skepper van Hemel en Aarde. Sela.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.