Daar is niks so lekker vir ʼn rugbyspan soos om die vrugte te pluk wanneer hy maande, en selfs jare lank, aan die agterspeen moes suig nie.
Lees meerAlles vir Saterdag 22 Mei 2021
Eskom: Gee ons krag dié winter
Suid-Afrikaners moet hulle staal vir nog beurtkrag dié winter. Dís hoekom.
Veldbrand woed voort in Griekeland
Honderde brandbestryders is Saterdag steeds op die toneel om Griekeland se eerste groot veldbrand vir die somer onder beheer te bring
Sneltreindrywer uitgevang wat gou kamer verlaat
Hy is uitgevang omdat die trein een minuut laat was.
Voorsitter in hof oor Ters-bedrog
Reuben Swartz, die voorsitter van die South African Religious Civic Organisation (Sarco), het Vrydag vlugtig in die Bellville-handelsmisdaadhof verskyn op aanklag van bedrog en geldwassery.
Strafskop laat Stormers in Durban glimlag
Die Sharks-afrigter Sean Everitt het vroeër die week gesê dat sy span goed op die punteleer geposioneer is om die reeks nog te wen. Nou ja, as hulle met die louere wil wegstap, sal hulle hierdie tipe wedstryde moet wen.
Wysiging voorgestel: Geen vuurwapens vir selfverdediging
“Dit sal Suid-Afrikaanse burgers kwesbaar laat teen misdaad, en ʼn paradys skep vir misdadigers.”
Voer, kos (en braaivleis) vir Brandvlei-boere
“Die droogte is nog lank nie verby nie. Hulp aan boere is nou kritiek.”
‘That 70s Show’-akteur van verkragting beskuldig
Die Amerikaanse akteur en Sciëntoloog sal tereg staan op aanklag dat hy drie vroue by sy huis in Hollywood Hills verkrag het, het ʼn Los Angeles-regter Vrydag beslis.
Minstens 10 werkers sterf in rioolongeluk
Minstens 10 mense is Vrydag dood tydens ʼn ongeluk op ʼn riool-aanleg buite Taganrog, Rusland.
DA hou virtuele samekoms landswyd
“Suid-Afrika het die verkiesing hierdie jaar nodig, want verandering kan nie wag nie.”
Ulundi-inwoners sê oor onteieningswet
Die inwoners het aan die komitee gesê die wetsontwerp moet ingestel word, want dit word deur die meerderheid van mense ondersteun.
Kubaanse ingenieurs: Departement wil hofaansoek teenstaan
Die departement van water en sanitasie het aangedui dat hy van voornemens is om Solidariteit se hofaansoek teen te staan oor die invoer en ontplooiing van Kubaanse ingenieurs.
Twee vas oor polisiebeampte se moord
Hulle sal na verwagting Maandag in die Verulam-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn.
Skok oor boeliery by Kaapstad-skool
Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor basiese onderwys het haar skok uitgespreek ná ʼn graad 8-seun ʼn klasmaat se hare aan die brand gesteek het.
Eerste Soldoedies onthou ná 50 jaar
In 1971 het 128 jong vroue van reg oor die land met groot oë en hoë verwagtinge vir die eerste keer in die geskiedenis van die land aangetree vir militêre opleiding.
Video: Hans du Plessis lééf stories
“ʼn Storie moet gemaak word. Jy kan ʼn storie sien en hoor, maar om hom te skryf moet jy elke deel noukeurig soos krale inryg totdat dit ʼn string vorm.”
Man gesoek oor verkragting op minderjarige
Die polisie in Port Alfred in die Oos-Kaap versoek die gemeenskap om hulle te help om ʼn verdagte, die 41-jairge Mark Paul, op te spoor.
Tussenverkiesings wys politieke wind waai reg vir die ANC
Dit was die sterkste en beste aanduiding in ‘n baie lang tyd van hoe die politieke wind waai in die aanloop tot die landwye munisipale verkiesings op 27 Oktober.
Israel-Palestina-skietstilstand stabiel; hulp vir Gasa
Die skietstilstand tussen Israel en Palestina in Gasa is Saterdag stabiel, terwyl humanitêre hulp opdaag ná 11 dae van bloedvergieting.