‘That 70s Show’-akteur van verkragting beskuldig

Danny Masterson (Foto: Steven Jaye Hyde (Danny Masterson)/Facebook)

Die Amerikaanse akteur en Sciëntoloog Danny Masterson sal tereg staan op aanklag dat hy drie vroue by sy huis in Hollywood Hills verkrag het, het ʼn Los Angeles-regter Vrydag beslis.

Masterson, bekend vir sy rol in That 70s Show, ontken die beskuldigings deur die vroue wat vroeër ook lede was van die geheime Kaliforniese Sciëntologie-groep. Hulle sê hulle het nie vroeër na vore gekom nie, uit vrees vir vergelding van die hiërargie.

“Ek het bevind al drie getuies is geloofwaardig, en die bewyse voldoende om die aanklagte te ondersteun,” het regter Charlaine Olmedo gesê en beslis dat Masterson formeel op 7 Junie aangekla sal word. Hy moet teen daardie stadium sy paspoort oorhandig.

Die 45-jarige Masterson het glo die vroue, wat almal in daardie stadium in hul 20s was, “deur mag of uit vrees” verkrag in afsonderlike voorvalle tussen 2001 en 2003.

Hy kan tronkstraf van tot 45 jaar of lewenslank opgelê word as hy op alle aanklagte skuldig bevind word. Hy is tans vrygelaat op borgtog van $3,3 miljoen.

Masterson het in 1998 bekendheid verwerf met That 70s Show waar hy die karakter van Steven Hyde gespeel het saam met medesterre Mila Kunis en Ashton Kutcher.

Hy het weer saam met Kutcher verskyn op Netflix se The Ranch, maar is in 2017 afgedank en sy rol is geskrap toe die polisie in Los Angeles bevestig het hulle ondersoek verskeie bewerings van verkragting teen die akteur. Masterson het in daardie stadium gesê die aanklagte is gemotiveer deur die vervaardiger van ʼn anti-Sciëntologie-televisiereeks.

Tydens die voorlopige verhoog het Masterson se prokureur gesê hy het konsensuele gemeenskap gehad met twee van die vroue en gesê die derde beweerde verkragting het nooit gebeur nie.

Die Kerk van Sciëntologie, met Tom Cruise en John Travolta as van sy lede, is goed gevestig in Hollywood en omliggende dele van Los Angeles.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Lekker kerk daai Sciëntologie, of is dit maar net nog ‘n godsdienstige sekte soos die Jehovah Getuies….wat hulle daar by die hek Satan my honde….SA!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.