Wysiging voorgestel: Geen vuurwapens vir selfverdediging

Skermskoot uit die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer wat in die Staatskoerant van 21 Mei 2021 gepubliseer is

Die publiek word versoek om kommentaar te lewer oor die Wysigingswetsontwerp oor Vuurwapenbeheer waarvolgens lisensies vir vuurwapens, onder andere, nie vir selfverdedigingsredes uitgereik mag word nie.

Die Wysigingswetsontwerp is Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer. Die Wysigingswetsontwerp stel voor dat die wet gewysig word sodat “die aansoeker ʼn geldige rede moet verskaf vir die besit van ʼn vuurwapen en sodat geen vuurwapenlisensie uitgereik sal word vir selfverdedigingsredes nie”, lui die voorstel.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het Saterdag gesê die voorstel dat die besit van vuurwapens vir selfverdediging as kategorie geskrap moet word sal Suid-Afrikaanse burgers kwesbaar laat teen misdaad, en ʼn paradys skep vir misdadigers.

“Met ʼn moordsyfer vyf keer hoër as die wêreldgemiddeld (7/100 000 – wêreld en SA – 36/100 000) en die omvang van roof en plaasaanvalle, is dit noodsaaklik dat burgers vuurwapens moet kan besit om hulself te verdedig,” het Groenewald bygevoeg.

Hy sê die probleme in die polisie en die onvermoë om misdadigers suksesvol te vervolg, dien as bewys dat die staat nie die burgers behoorlik teen misdadigers kan beskerm nie. “Hierdie voorstel is ʼn klap in die gesig van wettige vuurwapeneienaars en die burgery. Dit is duidelik dat die minister van polisie, Bheki Cele, die blaam vir sy eie onvermoë van behoorlike en effektiewe vuurwapenbeheer deur die Sentrale Vuurwapenregister (SVR), na wettige vuurwapeneienaars wil verskuif.”

Die minister het reeds in 2018 in die parlement oor die aangeleentheid gereageer op ʼn amptelike vraag van dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Op ʼn vraag van dr. Groenewald of die minister van voorneme is om die kategorie om ʼn vuurwapen vir selfverdediging te besit te laat verwyder, het die minister geantwoord deur te sê dat hierdie kategorie strenger gemaak gaan word. Die minister het as rede aangevoer dat hy die toename in onwettige vuurwapenbesit wil verminder.

“Hierdie rede getuig van onkunde deur die minister. Onwettige vuurwapens neem toe weens onwettige wapenhandel, diefstal by polisiekantore en swak bestuur van die SVR. Met die skrapping van die kategorie vir selfverdediging, maak die minister die bepalings nie strenger nie, hy verbied dit in effek.”

Groenewald sê die jongste misdaadsyfers is ʼn bewys dat die polisie misdaad, en veral geweldsmisdaad, nie onder beheer het nie en dus faal in sy grondwetlike plig om die mense van Suid-Afrika en hul besittings te beskerm.

“Indien die staat jou nie kan beskerm nie, het jy die volste reg om jou en jou gesin met al die moontlike middels te beskerm, insluitend die besit van ʼn vuurwapen ter selfverdediging. Dit is ook ʼn gemeenregtelike reg wat elkeen het. Die regering moet ophou om homself te mislei deur die indruk te wil skep dat vuurwapens die oorsaak is van die hoë moordsyfer in Suid-Afrika. Hierdie bewering word misbruik en die regering gebruik dit as rookskerm om sy eie onbevoegdheid te verbloem.”

Hy meen die ontwapening van die burgery sal misdadigers bevoordeel en misdaad bevorder wat dramaties sal toeneem.

“Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om die reg van selfverdediging deur die gebruik van vuurwapens te verdedig en te verseker,” het Groenewald bygevoeg.

 

Enigiemand wat kommentaar wil lewer word versoek om binne 45 dae van die datum van publikasie (21 Mei 2021) van die Staatskoerant skriftelik te reageer:

Secretary for Police Service
For attention of Mr M Ntwana
Private Bag x922
PRETORIA
0001

  • per hand ingedien by die Burgerlike Sekretariaat vir die Polisiediens

Van Erkom-gebou
Van Erkom-arkade
7de verdieping
Pretoriusstraat 217
Pretoria

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Charlotta ·

So jy mag jouself nie verdedig nie. Die inbreker of ou wat moord wil pleeg, mag n vuurwapen hê. “Om homself te verdedig” Geld dit nou net vir die blankes???

Barend ·

Kyk maar vir iets amders wat nou ook deurgedruk behoort te word waarna niemand kyk nie.

Alma ·

Dis nou die mees belaglikste idee waarmee hulle nog uitgekom het… Waarmee moet jy nou jouself beskerm? So as jy hom nou skiet as HY in JOU huis inkom en jou bedreig met SY onwettig wapen moet jy hom nou aanvat met jou hande? En as jy hom skiet gaan jy seker sit vir moord. Wow, ek kan dit nie begryp nie.

Johanna ·

Val ‘n “nail gun” onder dieselfde katagorie as ‘n vuurwapen?

Blikke ·

Dis nou letterlik om met n kettie in n gun fight betrokke te raak…..stem saam, die lid kyk te veel flieks…..

Persheks Adri ·

Hoedeman jy krap nou waar dit nie jeuk nie! Ons eerlike burgers is meer as bekwaam as jy en jou mense voetsek man!!!

Moeggeploeg ·

Misdadigers met onwettige vuurwapens het meer menseregte as Jan publiek.

My siening ·

ANC WIL WITTES ONTWAPEN WANT DIE KRIMINELE REGEER DIE LAND!

melW ·

Dis skokkend maar wat sal mens nog verwag, boere, hul vroue, kinders, ou mense word elke dag vermoor en jy mag jouself nie verdedig met jou eie wapen nie en hulle rand aan, verkrag en vermoor, en ons moet agteroor sit en dalk nog ń koffie aanbied. Absurd.

Lesly ·

Alles deel van die groter plan. Onthou die padda in die pot water wat stadig warmer word. Hulle word nou ongeduldig.

Werner ·

Dit is maar ongelukkig waar ek my streep trek.As hulle jou wapens vat vat hulle alles.Jammer vat maar julle wette en druk dit.

Pieter ·

Die ANC werk met ‘n ander agenda. Moet hulle nie onderskat nie.

Ovelia ·

Wel al het ek dan ni n lisensie nie sal ek dt hou
Ek glo dat almal so sL dink. Wat van al die ongelisensieerde wPen wat nou gebruik word bir moord? So hul wil alles van ons wegvat ons sal opstasn.

Wielspore ·

Na my mening behoort net een reel te wees vir die uitryking van ‘n vuurwapen lisensie en dit is bevoegtheid. Die lisensie houer moet fisies en verstandelik bevoeg wees. Ek self het diensplig gedoen en van die beste opleiding ontvang vir die handtering en gebruik van ‘n wapen. Vandag wil die regering my voorskryf en nuwe reels maak om ‘n wapen te kan besit.
Die opsteller van die wet kort ‘n bevoegtheids toets.

Andries ·

Moet iemand (wetsgehoorsaam) wat al die jare ‘n wapen besit het maar sy sig het agteruitgegaan noodwendig sy reg om steeds die wapen te behou verbeur?

Hoekom ·

Dan sal ek maar soos ‘n krimineel ‘n ak-47 in my huis versteek…

Sambok ·

Nou gaan hulle hierna seker messe ook verban,regte klomp narre-HKGK

Mieke ·

Ag nee man – Liewe aarde! Hierdie tipe redenering maak mens magteloos kwaad! Miskien kan ‘n stungun of tazer help…!! Windbuks….??

Pietertjie ·

Ek vermoed die feit dat byna alle blanke mans ouer as 46 oor militêre opleiding beskik, iets hiermee te make het. Ek is een van hulle. Ons sal ons naastes kan beskerm ingeval ‘n burgeroorlog uitbreek, of as die huidige faksie-gevegte handuit ruk. Dis nog te lank voor almal van ons te oud of oorlede is, daarom die ontwapening-wetgewing.

Karen ·

Hier is iets groter aan die broei, hoekom dit op ñ Saterdag dit bekend maak? Kyk maar uit.

Corne123 ·

Tiepies nou nadat dit aan lig gekom het in watse gemors daainkntore is nou wil hulle met ander gemors voor en dag kom.Die minister wat se departement pataties is nes hy en nou wil hulle wapen wegvat kom probeer dit al wat ek se julle sal op julle hel kry!!!!!!!!! SAPS South Africa Patetice Service

Fritz ·

Gee my ‘n goed opgeleide lyfwag wat my oppas 24/7 dan het ek nie ‘n selfverdediging wapen nodig nie. Andersins los my wapens uit!

Esther ·

Die voorloper van ‘n totale kommunistiese land. Dis hoe hulle dit instel. Al meer beperkende wetgewing.

Sarel ·

Ontwapen die Burgery nie die Misdadiger nie…..die chaos by die Pplisie se vuurwapen afdeling ….die inhandiging van viurwapdns….ens. klink mos of daar iewers
‘ n Agenda is..en wat is die agenda

Willem ·

Sal maar in aansoek moet verklaar dat die rede vir ‘n lisensie moord is.

Persheks Adri ·

Skerp Willem ek glo nie hulle gaan dit goed keur nie, maar ek voel jou pyn

Tiptol ·

Dis ‘n manier om die lisensie kantoor skoon te kry
Hul kan al daai opgehoopte lisensies nou verbrand

asjas16 ·

Is daar enige jagplaas waar ek n kudu kan gaan klop op 200 meter met n .45 ACP, ek sal 30 meter hoër mik om te kompenseer vir die bulet drop. ????
Ek sal my wapen oorhandag die dag wat die land se misdaad op 0% is
Net 2 gedagtes van my wat nooit gaan realiseër nie.

daniel ·

Mag jy dan nie meer jouself verdedig indien jy bedreig word deur n gewapende krimineel nie?
Wie in die regering bedink sulke snert?.

Retha ·

Ou hoed, dit moet net hy wees wat sulke strooi wil bekragtig

Realis Thailand ·

Julle moet nou seker vir die baie bekwame polisie wag wie binne minute daar sal wees om die lyke to fotografeer op hulle selfone want die geld vir kameras is bestee aan korrupsie
Laat ek nie meer se want dan is ek in die tronk vir rassisme

Tielman ·

Dit is belaglik, cele is seker die mees onbevoegde minister in die wêreld. Ek glo 80% van vuurwapens in suid afrika word juis vir selfverdediging aangeskaf, hoe anders in ‘n land soos hierdie waar die grootste misdadigers regerings beamptes en leiers is…..

N ·

Hierdie storie maak my naar. Hoe moet ek my familie en myself beskerm in hierdie krimineel oorlaaide land. Die verandering van n wet soos die sal blankes dwing om ongelisensieerde wapens te besit. Ek weier om deel te word van die moord statistiek. Probeer my maar ontwapen. Soos hulle sê ‘n boer maak n plan’.

DieKriek ·

Nou verduidelik asseblief om watter rede n mens n vuurwapen mag aanhou.

Nie Verbaas ·

Hierdie is weereens n bewys van n tekort aan intelligensie. ANC norm. Die narre moet nou n ekonomie bestuur?

SjN ·

Belaglik, die wapens wat ingehandig is is seker nou klaar verhandel en nou soek jul nog om te verkoop, Verstaan hul nie dat die probleem wel die onwettige wapens is nie.

Sarel ·

Ontwapen wettige eienaars en bewapen misdadigers…
Geen ilusie oor die Agenda nie…

Andries ·

ek het gesê die wet kom neer op OSV van vuurwapens. 2. ek het gesê: IF YOU OUTLAW GUNS, ONLY OUTLAWS WILL HAVE GUNS – dit gaan ‘n swartmark vir vuurwapens skep – altwee kommentare deur M24 geweier. Terwyl iemand wat presies diieselfde sê se kommentaar geplaas word – ek verstaan nie . .

Objektief ·

Die algehele ontwapening van die blankes was een van Nelson se eerste “demands toe hy uit die tronke gekom het en hierdie is net n manier om dit deur te voer. .Dit gaan veroorsaak dat net kriminele wapens het.

Di gaan glad nie oor die beperking van onwettige wapens niewant die grootste persentasie onwettige wapens kom van die SAP, SANDF of wettige apens wat terug gehandig word.

En niemand kon nog ooit vir my se wat het van al die ANC se onwettige vuurwapens geword nie. Miskien moet Dr Mulder bietjie vrae vra in die parlement.

Anya ·

Nee.
Almal weet dat die reg nie aan die gewone eerlike ou op straat se kant is nie. Dis al jare ‘n feit.
Kriminele het regte. Die res van ons nie.
Hierdie “voorstel” is MAL… PUNT.

david ·

Eiendom moet weggeneem sonder vergoeding— Staatskaping op ‘n reuse skaal….pensioene gan ook geteiken word….Die staat wil die internet beheer… verpligte staat mediese skema beoog….Afrikaanse taal word stelselmatig vernieting….universiteite en skole word stelselmatig van ouers beroof…sport word deur minister nou beheer….(krieket moet aan die die transformasie/nasiebou “vereistes” voldoen…
Alle mag in die staat se hande..
Kan mens in alle eerlik na hierdie klomp as ‘n Demokratiese Regering verwys, of sommer platweg ‘n
REGIME ? Met alles wat met hierdie titel saamgaan…!

Retha ·

Mag die Liewe Vader my kom haal voordat alles wat jy, David sê, waar word

Danie ·

Die ander sy van die saak.
In die 40+ jaar wat ek kompetisieskiet/sportskiet/jag kan ek op my een hand tel die hoeveelheid swart mense wat ek teegekom het wat die sporte beoefen wat nog te sê lid is van n skietklub.
Maar daar is n baie groot aantal mense van kleur maar veral swartes wat n vuurwapen besit waarvan die oorgrote meerderheid sekerlik geslisensieerd is.
So in die lig daarvan dat misdaad geweldig hoog is in swart gebiede en mense hulself moet bewapen, is my vraag watter ander rede anders as selfverdediging moet hierdie mense dan hê om aansoek te kan doen vir n vuurwapenlisensie?
Dink hierdie comrades ooit aan wat hulle regering besig is om aan hulle te doen en hoekom reageer hulle nie want die meerderheidstem is wat tel.

Hannes ·

Eers die 90-dae slenter, toe amnestie om vuurwapens te oorhandig en nou diè… Besig om ons te ontwapen, punt.

Hans ·

Bill of Rights

Section 11 of the Bill of Rights is a one liner.
Everyone has the right to life.

This right is also listed as a Non Derogable right.

The State places a very high value on this right. The VIP Protection unit protects certain politicians with state of the art firearms. This is in essence subcontracting their self defence. The State allocated R 1,7 billion Rand for the protection of the lives of the cabinet members and MEC’s. This equates to about R10 million rand per person.

On the contrary, the goverment does not value the right to life of the citizens. They only allocated R1 600 per citizens and now wants to deny ordinary citizens to use the same method of protection, at their own expence, to protect their lives.

Jammer vir die Engels

Jacobus ·

Vinnig besig om die krimineel vriendelikste land in wêreld te word. Beteken dit ook dat die swerm lyfwagte van elkeen wat hulle self as VIP beskou summier ontwapen gaan word.

Neelsie ·

Natuurlik nie. Hulle begroting is dan verhoog ten koste van die SAPD s’n!!

Theo ·

Dit het baie min te make met onbevoegde ministers en polisie, en krimineles wat onwettig bewapen is. Dit het alles te doen met die nasionale demokratiese rewolusie, waarvan die doelwit is die instelling van ‘n Marxistiese regime. Lenin het dit openlik as een van die stappe vir die rewolusie in Rusland reeds in 1922 verkondig: ontwapen die burgery. Dis waarom die onverklaarbare dinge gebeur. Lisensie-aansoeke word nie verwerk nie, die wapenwet word al strenger vir die wetgehoorsame burgers, ens. Deel van ‘n berekende strategie.

Wakkerslaper ·

Ek weet ongelukkig bitter min van wette en die gereg af, maar is daar nie ‘n klousule in die Vereenigde Nasies se Artikel 51 wat sê dat die individu (of ‘n groep individue) die reg het tot selfbeskerming teen enige vorm van gewapende aanval nie?

As deel van die VN, gee hierdie klousule nie elke Suid Afrikaner die reg tot selfbeskerming nie?

Erika ·

Blanke mens- Jy mag nie Jou Familie beskerm nie -Dit is nie toelaat baar nie….Maar die inbreker mag n vuurwapen (wat hy op Korruptiewe wys in hande gekry het agteraf,,,) En Nie Verantwoordelik gehou word nie….. vir die moord van Sekere mense se lewens nie ne …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.