Jong ma skenk geboorte aan negeling

Die ma en haar negeling word in die Ain Borja-kliniek in Casablanca behandel. (Foto: AFP)

ʼn 25-jarige vrou van Mali, Wes-Afrika, het ’n groot verrassing gekry toe sy aan ʼn negeling geboorte geskenk het. Dokters het aanvanklik aan haar gesê dat sy ʼn seweling verwag.

Halima Cisse het Dinsdag in Morokko, Noord-Afrika, deur middel van ’n keisersnee aan nege babas geboorte geskenk. Sy het vyf dogters en vier seuns die wêreld ingebring.

Die regering van Mali het Cisse na Marokko gevlieg sodat sy daar geboorte kan skenk, aangesien sy glo beter mediese sorg in dié land sou kry.

Sonar-ondersoeke wat in Mali en Marokko gedoen is, het aanvanklik getoon dat Cisse sewe babas verwag.

Volgens Fanta Siby, Mali se minister van gesondheid, het die geboorteproses goed afgeloop en gaan dit goed met die ma en babas. Hulle sal oor ʼn paar weke kan terugkeer huis toe.

Dokters was bekommerd oor Cisse se gesondheid, sowel as die kans op die babas se oorlewing.

Volgens die Marokkaanse regering is ʼn negeling ʼn “uiters seldsame verskynsel”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Astrain ·

Ek dink ek moet ook maar liefs myse monde hou, netnou sit ek my voet daarin…

Daleen ·

Dis nie normaal of regverdig teenoor die kinders nie. Ek kan nie sien hoe al nege daardie babas genoeg aandag van mamma of pappa gaan kry nie.

Petrus ·

Nou wat moes die ma doen? Dalk na die geboorte van die derde kind vir die dokters gesê het, “Hokaai dokter, dis nou genoeg. Werk maar weer toe!” Ek kan nie sien dat sy juis ‘n keuse gehad het nie. Sy het immers die kinders gedra en die geboorte van hulle moes noodwendig op die kraam tydperk volg.

koos10 ·

Kubaanse(?) en Europese dokters. Waar is die Afrika dokters, siende dat die Afrika unie mos sê dat Afrikane vir hulle self moet sorg?

Racheltjie Debeer ·

Uhm, wat het Kubaanse en Europese dokters met die berig uit te waai?
Daar word geen melding gemaak van die nasionaliteit van die dokters nie.

Nella ·

Toe ek jonger was, het ek my eie weergawe gehad van hoe n tweeling gebore word. As hierdie berig wel waar is, dan knyp ek net my oë toe met dit wat ek as kind gedink het. Dit is eintlik hartseer, want is Mali nie maar ook een van Afrika se arm lande nie? Hoe gaan hulle vir daardie babatjies sorg?

Maggies ·

Ek glo die staat en ander instansies sal bydra tot die versorging. Sover ek weet word sulke groot “kits” gesinne altyd deur die staat gehelp. Help my reg as ek verkeerd is?

Ellie ·

Maar om ‘n kind te kry is mos ‘n blessing. Sy is rerig baie geseend. Daar is ‘n rede vir die 9 babatjies!

Misky ·

Ek hoop die vrou het hulp van familie en die regering, want alleen dink ek min mense sal dit kan regkry en jou gesonde verstand te kan behou. Sterkte en geluk aan haar – net bly dis nie ek nie

Misky ·

Of noem die gewigte nie en hulle moes bitter klein gewees het

Irma ·

Dalk is hierdie babas op hierdie stadium in broeikaste. Ek kan maar net dink dat hierdie babas baie klein moet wees.

Stof ·

As Vader ‘n ouerpaar seën met ‘n veelvuldige kroos, is die ouers mos nie te blameer nie. Laat ons lewe spreek oor hierdie gesin. Pa sou dit nie in Sy volmaakte plan toegelaat het, as Hy nie beplan het dat hulle guns direk uit Sy hand te skenk nie.
Mag hierdie gesin se voorsiengswonder-getuienis vir vele tot herbesinning bring.

AH ·

Dit is en bly ‘n wonderwerk uit die Hemelse Vader se hande. Om dit af te kraak en negatief te wees laat dit klink of julle God se werk bevraagteken!

Realis Thailand ·

Hoeveel kinders het sy reeds
Wie gaan vir die kinders sorg die VSA en VK regerings met hulle bydraes aan die lande en as hulle groot is gaan hulle seker ook rpobeer om onwettig in n Europese land in te kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.