Jong seun verdrink voor familie

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Agtjarige seun het in ʼn openbare swembad in Turkye verdrink, terwyl sy ouers en ander omstanders dit na bewering nie agtergekom het nie.

Volgens die nuuswebblad Mirror, het die seun op 7 Julie saam met sy ouers na ʼn openbare swembad in Manisa gegaan. Hy het glo by ʼn glybaan afgegly en gesukkel om in die swembad sy kop bo die water te hou.

Die voorval is op kringtelevisie opgeneem en in die beeldmateriaal kan glo gesien word hoe ander swemmers nie agterkom die seun spartel om sy kop bo die water te hou nie. Daar kan ook gesien word hoe die kind se ouers onbewus van die voorval langs die swembad lê.

Sy ouers het egter kort daarna gesien hy is in die moeilikheid en hy is uit die swembad gered.

Noodpersoneel het die seun na die Hafsa Sultan Celal Bayar-universiteitshospitaal geneem waar hy ʼn aantal dae in die intensiewesorgeenheid deurgebring het.

Sy toestand het egter vinnig verswak en hy is op 12 Julie oorlede.

Dit is nog nie bekend of die polisie die saak ondersoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

piet ·

Het hy verdrink of is hy dood weens nagevolge van die voorval? Ek lees hy is in die hospitaal vir ‘n paar dae behandel voor hy dood is.

Skuilnaam ·

7 Julie, in Turkye? En julle berig nou al daaroor? Eish! Die spoed van die moderne nuusmedia en tegnologie is darem verstommend…

Gerhard ·

Goed soos die gebeur ongelukkig baie in ons land ook. Vroue binne besig om kos te maak en te kuier. Kinders speel buite en die pa’s wat braai moet na hulle kyk. Vriende, ‘n bier en mens kan self dink hoeveel aandag die klein kinders om die swembad kry. Dis baie hartseer en gebeur heeltemal te veel.

Estelle ·

Ek stem 100% met jou saam, Skuilnaam. Het ons nie genoeg hartseer nuus in SA op die oomblik nie? Dis nie asof mens nie simpatie het nie, maar hoeveel ander kinders is nie op dieselfde dag in SA dood nie?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.