Jy kan nou ʼn Tesla met bitcoin koop

Argieffoto (Foto: Joseph Mucira/Pixabay)

Tesla het amptelik begin om bitcoin as geldeenheid te aanvaar in die verkope van hul elektriese motors, het Elon Musk, uitvoerende hoof, Woensdag gesê. Dit het ʼn verdere hupstoot gegee aan dié digitale geldeenheid.

“Jy kan nou ʼn Tesla met bitcoin koop,” het Musk op Twitter gesê. Die plan is in Februarie aangekondig om die kripto-geldeenheid as ʼn vorm van betaling te aanvaar.

Teen omstreeks 1310 GMT het bitcoin met 4,3% gestyg op $56 802.

Wanneer ʼn besoeker op Tesla se Amerikaanse webwerf op die betaalopsies klik, kan hulle nou kies om in bitcoin die transaksie te voltooi. Kopers wat dié opsie kies, sal moontlik “bykomende inligting moet verskaf sodat ons jou identiteit kan verifieer”, het Tesla in sy bepalings en voorwaardes-gedeelte op die webwerf verduidelik.

“Alle pryse is in Amerikaanse dollar,” lui die boodskap op die webwerf. “As jy ʼn betaling in bitcoin wil maak, moet jy ʼn bitcoin-bedrag betaal wat gelykstaande is aan die Amerikaanse aankoopbedrag.”

Musk het op Twitter gesê Tesla kan direk bitcoin-betalings aanvaar en dat dié bedrae “in bitcoin gehou sal word, en nie omgesit sal word in fiat-geld nie”.

Tesla het in Februarie vir die eerste keer sy plan aangekondig om kripto-geld te aanvaar. Die maatskappy het ʼn $1,5 miljard belegging in die digitale geldeenheid gemaak.

Die Tesla-aankondiging, te midde van skuiwe deur Mastercard en ander hoofstroommaatskappye om kripto-geld te aanvaar, het gehelp om bitcoin ʼn hupstoot te gee tot ongekende vlakke in 2021. Bitcoin is tans net onder sy hoogtepunt van $61 742 vroeër vandeesmaand.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

annie ·

… en waarmee koop mens bitcoins? Met ‘n paar goudstawe of ‘n ongeslypte blouwitte?

Pieter ·

Moet nooit bitcoin ondersteun nie- is die ewel wat voorle. Hoekom se Musk nou so iets? Want as hy jou coin het dan kan hy woer-woer speel met bitcoin. “Kom ons bly by normale handel met geld en vergeet van Internet goed waar alle inligting oral heen beweeg.”- Alles my opinie en ons mag verskil.

OW ·

Ek stem.Dit laat my dink aan,kul jou hier en kul jou daar en weg is jou geld.

OW ·

Bitcoin is net die moderne weergawe van die Kubusse van die 1980’s.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.