Kenia maak seewater drinkbaar

Kenia se sonkragplaas wat seewater drinkbaar maak (Foto: Africa Energy Portal (AEP) via ANA)

Kenia het vordering gemaak om die erge waterkrisis te takel wat deur ontwikkelende lande in die gesig gestaar word. Die land het sy eerste sonkragaangedrewe plaas gebou wat seewater in drinkwater omskep.

Die projek is deur die nieregeringsorganisasie GivePower gebou en sal na verwagting 20 jaar se toegang bied tot skoon water en daaglikse meer as 25 000 persone tot voordeel strek, aldus die aanlyn publikasie Africa Energy Portal.

“Met ons agtergrond in selfonderhoudende skoon energie, kan GivePower onmiddellik help om sonkragaangedrewe wateroplossings te ontplooi om lewens te red in gebiede deur die wêreld heen wat geteister word deur voortgesette droogte,” sê Hayes Barnard, president van die organisasie.

Die sonkragaangedrewe plaas is in Kiunga aan Kenia se ooskus geleë. Die streek loop jare lank reeds deur onder erge droogte en die 3 500 inwoners het nie toegang tot skoon drinkwater nie.

Twee waterpompe maak van die sonkrag gebruik om seewater in drinkwater te omskep.

Met ʼn bevolking van 50 miljoen maak 41% van Keniane steeds staat op waterhulpbronne soos dammetjies, vlak putte en riviere. Dit is veral in landelike gebiede en informele nedersettings in stede.

Slegs nege uit 55 staatsdiensverskaffers in Kenia verskaf betroubare watertoevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Leon ·

Dit is ‘n massiewe hoeveelheid sonpanele en net so ‘n ou klein stelsel. Sonkrag is definitief nie effektief nie.

Leon Dormehl ·

Op hierdie stadium seker nog so, maar dit sal ook verander. Intussen, as jy nie ‘n keuse het nie, kies jy die beste wat beskikbaar is. Ten minste word daar IETS gedoen. In SA vrek ons liewer vd dors terwyl die politici hulle sakke vol stop met die beskikbare ontwikkelingskapitaal!

Adele ·

Jy weet ons land is in sy glory in as Kenya aksie neem teen water tekorte ….en ons se al LANKAAAAAL dit is wat regering moes doen in die Kaap…

Huh ·

Leon, op wat grond jy jou opinie? Die foto? Kry eers feite, vriend, en lug dan ‘n ingeligte opinie. Sonkrag en seewater is gratis soos jy weet. En ie privaatsektor het hier gehelp. Dit gee mense vars water, 25 000 per dag. Ek sou sê dit maak ‘n verskil. Dalk kan die SA regering aan die publiek rapporteer hoe vorder hulle ontsoutingsaanlegte?

Queen Mab ·

SA se multi-miljoenêrs (danksy BBEE), moet nou sommer ‘n bladsy uit dié boek neem en hier iets soortgelyks doen. Sal mos ‘n pragtige UBUNTU boodskap stuur; ‘n manier om iets terug te gee ipv net te ontvang, of hoe?

Suzette Geringer ·

Glo nie daar is vordering met ontsoutingsaanlegte in SA. Dit is ‘n “wit” inisiatief. Die “slim regering” van SA weet van beter. Dit is hoekom alles hier in die drein afgaan.

Kerneels ·

Israel het ook sulke aanlegte wat met sonkrag werk. Maar hulle is glo melaats.

Lot ·

Presies die mentaliteit wat “Leons” hier toon is ‘n groot rede waarom Suid Afrika steeds agteruit gaan. Mooi geantwoord “Huh”.

Eddie ·

Ons lewer almal kommentaar , maar doen self niks nie ! Dis tyd dat ons sente en aksie bymekaar gooi en iets begin doen ! Ons land gaan nie himself red nie !

Capie ·

Selfs met die ontsoutings aanlegte moes daar ge- BBBEEEE word. Geen water gelewer nie. Geen pesoneel by die aanleg nie. Dan begin die man met ‘n hofsaak om sy miljoene te kry.Die nuwe Suid Afrika op sy beste

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.