Komediant Carl Reiner oorlede

Carl Reiner (Foto: Louise Palanker van Los Angeles/Santa Barbara, USA via Wikimedia Commons)

Die komediant Carl Reiner, veral bekend vir sy skepping, “The Dick Van Dyke Show”, is Maandag in die ouderdom van 98 oorlede, berig Variety.

Reiner, wat dekades lank bekend was as skrywer, vervaardiger, akteur en regisseur, was saam met sy familie toe hy in sy huis in Beverly Hills in Kalifornië, VSA, oorlede is. Sy assistent, Judy Nagy, het aan Variety gesê hy is weens natuurlike oorsake oorlede.

Hy het nege Emmy-pryse en een Grammy-prys oor sy loopbaan gewen en was byna 80 jaar oud toe hy saam met Hollywood-swaargewigte soos George Clooney, Matt Damon en Brad Pitt in die Oceans-flieks te sien was. Hy was mees onlangs ook in Hot in Cleveland, Two and a Half Men en Parks and Recreation te sien.

Hy was 64 jaar lank met Estelle Reiner (née Lebost) getroud voor haar afsterwe in 2008. Hulle het drie kinders, insluitend akteur/regisseur Rob Reiner.

Reiner is op 20 Maart 1922 in The Bronx, New York Stad, New York in die VSA gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.