Koningin verbreek stilte oor Harry en Meghan

Prins Harry en sy vrou, Meghan, verlede jaar tydens hul besoek aan Suid-Afrika. (Foto: Courtney Africa, AP)

Koningin Elizabeth het Maandag uiteindelik haar swye verbreek oor haar kleinseun prins Harry en sy vrou, Meghan, se aankondiging dat hulle ʼn minder aktiewe rol in die Britse koningshuis gaan speel en finansiële onafhanklikheid wil nastreef.

Die koningin het in ʼn verklaring gesê dat sy en haar gesin konstruktiewe besprekings op die Sandringham-landgoed gehad het oor Harry en Meghan, die hertog en hertogin van Sussex, se toekoms.

Dit kom nadat dié koninklike egpaar bekend gemaak het dat hulle ook beplan om voortaan hul tyd tussen Brittanje en Noord-Amerika te verdeel. Dié omstrede verklaring is in die internasionale media “Megxit” gedoop.

“Ek en my familie steun Harry en Meghan se begeerte om ʼn nuwe lewe as ʼn jong gesin te skep ten volle. Hoewel ons sou verkies dat hulle aanbly as voltydse lede van die koninklike familie, respekteer en verstaan ons hulle wens om ʼn meer onafhanklike lewe as ʼn gesin te lei terwyl hulle ʼn waardevolle deel van my familie bly,” lui die verklaring.

“Harry en Meghan het dit duidelik gemaak dat hulle nie afhanklik van die publiek se geld wil wees in hul nuwe lewe nie. Daarom is daar ooreengekom dat ʼn daar ʼn oorgangstydperk sal wees wat die twee in Kanada en Brittanje sal deurbring.”

Die koningin het verder gesê dit is ʼn komplekse aangeleentheid vir die Britse koningshuis om op te los. “Daar is nog werk om te doen, maar ek het gevra dat finale besluite geneem word in die komende dae.”

Harry en sy gesin het nie koningin Elizabeth se tradisionele Kersfees-byeenkoms op haar Sandringham-landgoed verlede maand bygewoon nie. Hulle is na Kanada en het ook by Meghan se ma in Kalifornië gaan kuier. Meghan het in Los Angeles grootgeword en in Toronto gewoon tydens die verfilming van die televisiereeks Suits waarin sy gespeel het.

Daar is al ‘n geruime tyd gerugte dat die egpaar na Kanada wil verhuis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Pieter ·

Los kanada kom bly by jou broers in S.A dit gaan lekker hier

Die Calvinia Skaap ·

Meskien is Meghan bang dat sy ook sal opeindig in n Mercedes wrak in Parys (Frankryk)
Eish

Poplap ·

Meg se sus het mos gesê,wat Megan wil hê,sal Megan kry. Lyk my haar voorspellings word waar. Prins Harry was so gewild by di publiek. Ek dink sy is jaloers dat hy meer gewild was as sy.

Lappop ·

Sy mag nou koning kraai, maar oor n jaar of tien gaan haar ouderdom wys en hy…. Wat kan ek sê. Hy is Randy Andy se broerskind.

Naomi ·

Meghan ly aan die 2 year itch…elke 2 jaar dop sy iets op sy kop.

JohanR ·

Ons het nie rerig gedink sy gaan die lewe van die VSA en Hollywood veruil om handjies vir 50 jaar te skud nie? Arme Harry….weet seker nie mooi wat hom getref het nie. Wonder hoeveel maal hy al gebuig het en gese het ja baas, ja baas, ja baas vir misies? Gee die huwelik nog vyf jaar.

CK ·

@JohanR, ek deel jou denke. Ek het van die begin af gesien hier kom groot moeilikheid.
Dis soos iemand nou die dag op radio noem, hy is ‘n gebore “bloubloed”. Dink hy werklik vir een oomblik hy sal ooit ‘n normale lewe kan lei. En ek laat my nie vertel sy het nie geweet wat vir haar wag nie.

Christo ·

Dis duidelik dat sekere mense nie buitelandse nuus lees nie. Net die Londense Daily Telegraph het oor die naweek ‘n geheel ander beeld van die situasie geskets. Nog steeds ernstig, dog baie meer gebalanseerd. Aan die ander kant is dit geheel outyds dat die man alleen seggensreg in die huwelik het. Snaakse ding in die huwelik; mamma sê die kinders het skoolskoene nodig en pappa se beursie loop sommer so vanself leeg. Kannieannersie. Ma’ da’sie ‘n inkilte man wat sal bieg da’oor’ie.

Anoniem ·

Dit wil mos nou al vir my voorkom asof wanneer Megan se dat Harry moet spring vra hy vir haar hoe hoog hy moet spring.

TDW ·

Wat maak dit saak wat bekendes en koninklikes doen? Ons ken hul nie, hul ken ons nie, hulle persoonlike besluite raak ons nie. Ons het ons eie en ons familie se probleme om oor bekommerd te wees, meeste van ons kan boeke skryf oor als wat ons familie aanvang. Hou op spekuleer oor ander wat niks met jou te doen het nie. Hierdie is nie nuus nie, dis sensasie. Wees beter.

Kobus ·

Jip nee kyk dan is haar ” Hollywood” pelle mos binne bereik. Sy het gedink sy gaan met haar ” Politieke Aktivisme ” en ” Feminisme” die Britse Koningshuis rehabiliteer. Sy kry nie genoeg aandag in diecBritse Pers nie,

BMW ·

Stem saam, maar jy mag dit mos nie hardop se nie, skyn heilige lot.

Elvira ·

Toe sy so aanstap kansel toe, toe weet ek hier kom grooooot ………

John ·

Dis mos ‘n eeue-oue storie van 2 broers en een joppie as koning. Ten minste vermoor Harry nie sy broer en gaan sit op die troon nie. Het dit nie lank gelede in Engeland gebeur nie? Megan sal ook net in Londen bly as sy koningin kan word. Maar dinge kan warm word in Kananda as sy die jong vrou van die eerste minister wil upstage. Te warm… Die Kaap van Storms is hopelik dan nog daar.

skoonfamilie ·

Ek’t nie geweet mens kan bedank as voltydse lid uit jou familie nie; ek dag jy is “stuck for life ‘’.

Daar is hoop vir mans wat wil bedank as voltydse lede van hul skoonfamilie – ek gaan dadelik die berig vir my baas aanstuur!

Baardbek ·

Mooi man!! Hier’s nou ‘n man wat met insig lees, en DINK!! :-)))

Niklaas ·

Baie mense sê die huwelik sal nie lank hou nie , met so ‘n dominerende vrou. Maar as Harry mooi luister en al die wense en bevele van Meghan nakom…. sal daar hoop wees. Arme vent .
Hy het die bed gemaak , hy moet daarin slaap . Haar persoonlikheid is heelwat sterker as syne.

Tweetie ·

Sy wou graag n prinses wees, nou is sy een. Van die begin af het sy geweet wat dit behels om in die koninklike familie in te trou. Omdat sy nie haar sin kry nie, en die media haar swakhede uitwys, nou wil sy n tantrum gooi. Sy was van onder die indruk, sy gaan meer gewild wees as William se vrou, en toe dit net mooi die teenoorgestelde is, nou is Engeland nie meer goed genoeg nie. Net n jammerte Harry word vervreem van sy verpligtinge waarvoor hy grootgeword het. Nie dat enigeiemand omgee nie, want die hele koninklike gedoente se rakleeftyd is lankal verby. Dit hoort terug in die geskiedenis.

Johanna ·

Wel ek dink dis hulle keuse en dit moet gerespekteer word. Hulle wil nie van die Publiek se geld lewe nie. Dis indrukwekkend.

Inge ·

Dit sal ons nog moet sien of hulle met hulle eie geld klaar gaan kom. Hulle leef baie luuks en die Engelse belastingbetaler gaan nog steeds vir hulle moet opdok.

Botterblom ·

Haar broer het mos gesê dit is haar beste toneelstuk ooit. Nooit weer van hom gehoor nie. Hy sit en kyk seker haar fliek wat sy die regie ens. voor self doen…. Broer, sus en pa ken Meghan. Ma strap maar liewer in haar spore en bly stil. Pa in bek geruk en sommer ‘n “hartoperasie” ondergaan.. Sus nog uitgesproke. Broer in stilte in verdwyn. Die koningshuis, William het Harry probeer waarsku en keer, maar hy voeter voort. Was en is die rebel. Soms is rëels en regulasies so gestel om jouself teen jouself en als te beskerm. Ongelukkig weet elkeen van ons beter tot dit te laat is…. Spyt kom te laat…

VanAfrika ·

Gaan kyk Pierce Morgan se gesperek met Thomas Markle op video. Hy is eintlik n baie aangename man en nie vol strooi soos wat Meghan wil voorgee hy is nie. Hierdie is n pa wat verlangend oor sy dogter sit en praat en is baie hartseer. Tot hy noem Meghan “controlling”

Sannie ·

Het hul daaraan gedink dat Archie oor drie jaar in Engeland skoolpligtig is. Hoe bly ‘n mens in twee lande as jy skoolgaande kinders het?

Helizna ·

Home schooling. Private tutors.
Or boarding school. More likely.

James ·

Daar le nog swarigheid vir die twee voor – gee net tyd.

Die Koningin is nie stupid nie – aan die anderkant – kyk hoe het sy en haar liewe seun vir Prinses Diana behandel. Wat jy saai sal jy maai.

Jok ·

Diana was ook nou nie die onskuld van self soos mense glo nie, mense onthou net dit so omdat sy oorlede is.

Poppie ·

Jy kan nie jou familie kies nie, maar jy kan jou skoonfamilie kies.

Anni ·

Jok, asof ou Charles so onskuldig was. Diana was n geliefde men’s, al was dit ni onder haar skoonmense ni. Wat verloor Harry tog. Hy gan nooit di troon haal ni.
Laat William en Sy ou maer vroutjie troon tu, Sy Hou vd kollig. Ek staan agter Harry, gun Hom net n ander vrou.

Anoniem ·

William se vrou is pragtig en sy is nie ‘n drama queen soos Meghan nie. Hierdie was uiters selfsugtig van Harry en Meghan. Maar die Engelse is baie bly hulle kan haar nie verdra nie. Sy word beskou as opperste narcis.

marous ·

Wat het hulle in suidelike afrika kom doen ? Paar fototjies saam met die arm kinders en dan warrel die prinsie om ouma se belange te besigtig. Mishoop se paar myn huise . Angola se blink klippies en BP se olie waaroor die hele oorlog gegaan het . Malawi en Kenia se tee plantasies . Botswana se Orapa myn . Niks van modder eiland se monargiste se verskuilde agendas het verander nie . Dis die waarheid

Penellope Jones ·

Sy’t gekry wat sy wou gehad het. ‘n Titel en ‘n baba wat wat n afstammeling van die van die Koningsgesin is.

B ·

Meghan 1 : Harry (en koninklikes) 0

Wonder wat gaan jou kinders eendag hiervan dink Herman?

Martina ·

Verskillende werelde, verskillende agtergrond.
Meghan is vervreemd van haar pa, haar broers en suster asook haar familie.
Sy het blykbaar ook met niemand in die paleis oor die weg gekom nie, ook nie met Kate nie. Nou is daar ook ‘n wig tussen Harry en William. Dit alles sedert sy in die prentjie is.
Nou bly nog net die res van die koningsfamilie oor, as daar nie alreeds onmin is waaroor daar nog geswyg word nie.
Dit laat mens wonder.

Pappegaai ·

Dat hulle strewe na finansiële onafhanklikheid is seker iets vir Ingelse om oor te juig?

Bambi ·

Megan is mega!! So bly oor hul besluit! Kom bly by ons in SA!!

Cathy ·

Kyk om n “Royal Family” te he is nice en alles maar ek stem heeltemal saam Harry, en Meghan. Dis outdated en hulle moet hulle eie lewe kan he. Vir die wat almal so oordeel is ek bly om te sien julle ken Meghan en Harry persoonlik en kan dus weet presies wie nou na wie se pype dans…. Ek wens ek was so slim.

Mariane Strydom ·

Haar geskiedenis spreek vanself.
Sy is vervreem van haar eie mense, asook haar vriende.
Sy is reeds geskei en het geweet waarvoor sy haar inlaat toe sy met Harry trou. Niemand word kritiek gespaar nie, het sy gedink hulle gaan haar as ‘n prima donna behandel?
Die paleispersoneel het gekla dat hulle nie in haar diens wil wees nie.
Arme Harry!
Nou is daar selfs ‘n wig tussen hom en sy broer.
‘n Londense kritikus se opinie is dat Harry se hart sy verstand oorheers en heeltyd vir Meghan gelukkig wil hou ten koste van homself en sy familie.

alwyn burger ·

Is die twee nie maar net op ñ diplomatiese wyse “uitgerangeer ” nie?

Johan ·

Ongelooflik dat hierdie #*# van prinsies en prinsessies in ons media verskyn. Die hele koningshuis regering stelsel is archaies en kos belasting betalers ‘n klomp geld. Ek wens iemand wil dit afskaf en hou dit asb uit ons media uit !

Nico ·

Johan, indien die Koningshuis afgeskaf word sal Engeland miljarde aan inkomste verloor. Elizabeth 11 laat die geld in veral toerisme inrol en inderdaad is sy totaal onderbesoldig. Dink mooi daaroor !!

Helizna ·

Hulle het net een konings huis om te onderhou. Ons het so tien van hulle.

Herrie oor Harrie ·

Mmm, mmm, mmm. Mama Meghan, she all ready for that royal divorce y’all.

Sy is net moeg gesukkel want sy hou nie kers vas by Kate nie; William het darem reg gekies.

nathan ·

Julle oukies het klaar vergeet hoe hierdie sg koninklikes ons land se goud en diamante geplunder het en duisende vroue en jkinders in konsentrasiekampe gegooi het..

JL ·

Waaroor die bohaai? Die neefs en niggies krap almal hulle eie potjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.