Koronavirus: China bevestig minstens 56 het reeds gesterf

‘n Vrou met ‘n gesigmasker loop oor ‘n brug in Wuhan waar ‘n verbod op vervoer geplaas is (25 Januarie 2020) (Foto: Chinatopix via AP)

China het Sondag bevestig minstens 56 persone is dood en 1 975 gevalle van die koronavirus is aangemeld.

Die getal gevalle sluit 324 persone in wat in kritieke toestand in die hospitaal is, aldus staatsnuusagentskap Xinhua. Die meerderheid van persone wat tot dusver gesterf het, was pasiënte in hul laat 50’s of ouer, volgens ʼn dokter wat verskeie persone behandel het wat met die virus besmet is. Die demografie van die nuwe sterftes is nog nie bekend nie.

Pres. Xi Jinping het Saterdag gesê China word deur ʼn “ernstige situasie” in die gesig gestaar terwyl die regering al hoe strenger maatreëls toepas om die verspreiding van die virus te voorkom deur die beweging van inwoners te beperk en stede onder kwarantyn te plaas.

Verkeer in en uit Wuhan, waar die eerste gevalle van die uitbreking aangemeld is, word reeds beperk. Busse sal nie toegelaat word om na of van Beijing te ry nie. Alle toergroepe, ʼn gewilde manier vir Chinese om te reis, is onbepaald opgeskort om persone te verhoed om te reis.

Gevalle is reeds in Japan, Suid-Korea, Taiwan, Thailand, Viëtnam, Saoedi-Arabië, Singapoer, die Verenigde State van Amerika, Frankryk en Australië aangemeld. Gevalle is ook in Hongkong en Macau in die Spesiale Administratiewe Streek van die Volksrepubliek China aangemeld.

Twee van Hongkong se grootste toeristebestemmings, Hong Kong Disneyland en Ocean Park, het Sondag aangekondig dat hulle tydelik gaan sluit. Owerhede in Hongkong het ook gesê skole bly gesluit tot 17 Februarie.

Die Amerikaanse konsulaat het Sondag aangekondig hy sal sy personeel en sekere privaat individue op ʼn privaat vlug uit China ontruim.

Die Franse motorvervaardiger PSA Group het ook gesê hy gaan sy personeel uit Wuhan ontruim, hulle onder kwarantyn plaas en dan na Frankryk terugneem. Die ministerie van buitelandse sake het gesê hy werk reeds aan ʼn gebeurlikheidsplan om Franse burgers uit Wuhan te ontruim “wat graag die stad wil verlaat”, maar nie verder uitgewei nie.

Kanada het Saterdag gesê hy vermoed ʼn geval van die nuwe koronavirus is in Toronto opgemerk. Sodra die geval bevestig is, sal dit die eerste geval in dié land wees. Gesondheidsbeamptes het gesê die pasiënt is ʼn man in sy 50’s wat na Wuhan gereis het. Hy het op 22 Januarie na Kanada teruggekeer. Christina Elliiot, minister van gesondheid in Ontario, het gesê die man is in isolasie in die hospitaal en “personeel neem alle voorsorgmaatreëls”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sic? ·

Al ooit gesien wanneer hulle kernwapens toets ?hulle kyk dalk net of hulle nuwe chemiese wapen werk ,

Jan ·

@Sic – jou woorde is darm so waar. Hierdie is net nog een van die toetse wat uitgevoer word om te sien wat die impak gaan wees.

John ·

Die korona-virus neem onder ‘n mikroskoop die vorm van adellike kroon aan vandaar die benaming. Volgens ‘n mediese berig op CNN word die oorsprong nou verbind met vlermuise wat deur slange gevang is wat op die mark in Wuhan verkoop is. Ebola word aan vlermuise toegeskryf. Die mark is nou vernietig wat navorsing bemoeilik. Vlermuise is warmbloedig teenoor slange wat navorsers laat kopkrap. Ons grense moet beskerm word want Sjinese sal vreemde weè gebruik om na plaaslike families uit te wyk.

C.L ·

Chinese stroom in SA in.
Binne 2 ure 1500 op OR Thambo gesien. Baie het maskers aan. ????????

johan ·

Waar oor al die behaai in RSA sterf gemiddel 68 mense per dag wat vermoor word. Die wereld se niks daar van nie.

Haan ·

Ruben, die wêreld het nie te veel mense nie, die wêreld het te veel SELFSUGTIGE mense wat nie bereid is om ruimte vir die natuur te maak nie, en nie hul Godgegewe plig om daaroor te heers en te bewaak uit te voer nie.

AP ·

Ek verstaan nie hoe daar nog mense op vlugte mag uit vlieg nie , hulle moet tog eet en drink op die vlugte, en wie berei die etes voor op die “long Haul” vlugte.

Fanie du Preez ·

57 mense sterf elke dag in SA a.g.v moord….elke dag …elke week…elke jaar..hierdie jaar word dit meer.

charmaine ·

Stem Fanie hulle kan maskers dra om hulle te beskerm van n virus, in SA help niks om ons teen geweld te beskerm nie. Hulle moet maar SA toe kom en beleef, geen masker kan jou hier beskerm nie.

Niel ·

en die sterftes staan nou op 81. Mens raak maar bekommerd. En ja, dit help nie om te sê, hulle wil mos ens ens.. en waar sommige mense sonder dat hulle die omvang besef van hulle woorde “karma is …” Beste is maar net dat alle inkomende mense wat die land inkom van China af hulleself moet afsonder vir so 10dae om seker te maak hulle is nie draers nie. Sterkte vir al die mense wat geliefdes verloor het. ohh, ek sien daar’s ‘n groot LAB ook naby die Zero-zone wat spesialiseer in virusse en die wetenskap daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.