Kyk: Boris Johnson bedank

Boris Johnson het bedank. (Foto: Justin Tallis/AFP)

Die Britse eerste minister, Boris Johnson (58), het Donderdag aangekondig dat hy as leier van die Konserwatiewe Party (Tories) bedank het.

“Dit is duidelik die wil van die parlementêre Konserwatiewe Party dat daar ʼn nuwe leier van die party moet wees, en dus ʼn nuwe premier,” het Johnson buite 10 Downing Street gesê.

Johnson beplan om aan te bly as eerste minister terwyl die party sy opvolger kies. Die tydsraamwerk hiervoor sal volgende week aangekondig word.

Johnson het erken dat hy hartseer is om “die beste werk ter wêreld” op te gee, maar terselfdertyd die Tories die skuld gegee dat hy uit sy amp gestoot is.

“Wanneer die trop beweeg, beweeg dit,” het hy gesê met verwysing na die kabinetslede en LP’s wat teen hom beweeg het.

Johnson se aankondiging kom kort nadat meer as 50 amptenare vandeesweek uit sy regering bedank het.

Te midde van die chaos het Johnson gesê dat hy intussen die regering weer op die been wil bring deur ʼn aantal nuwe aanstellings te maak om die amptenare wat bedank het te vervang.

Die premier het gesê hy het “ʼn kabinet aangestel om te dien, soos ek sal, totdat ʼn nuwe leier verkies is”.

Senior lede van die Konserwatiewe Party is egter teen die idee dat Johnson toegelaat word om langer in sy amp aan te bly en vra eerder vir ʼn tussentydse leier soos Dominic Raab, adjunk-premier, berig The Guardian.

Ure voordat Johnson sy bedanking aangekondig het, het die opposisieleier Keir Starmer die moontlikheid hiervan verwelkom.

Hy het egter aangevoer dat ʼn “behoorlike verandering in regering” nodig is en daarop aangedring dat ʼn mosie van wantroue in die parlement gebring word. Dit kan moontlik ʼn hele nuwe algemene verkiesing tot gevolg hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Martin ·

Nou gaan Boris tyd hê om by ‘n haarkapper uit te kom. Hy is seker bly om ontslae te raak van al daai britse politiek en dramas in hulle parlement.

Piet 6 ·

Ek hoop hy vat oud President Trump saam met hom haarkspper toe!

Classic ·

Hoop ons ANC regering neem kennis oor hoe ware demokratiese leiers in eerste wêreldlande optree as dit tyd is om te gaan en nie om soos diktators aan hul mag vasklou nie.

Politikus ·

Janee, stem saam. Ander voorbeeld van ‘n diktator wat nie kon besef sy tyd is verby nie, is die vorige VSA president

Miena ·

Nou met wie gaan die Queen nou beraadslaag oor wat in Parlement aangaan? Sy wens seker ou Churchill was nog aan haar sy..
Ek hoor hy se dankie… “I want to thank Checkers…” en ek lag so hard ek dog Checkers het hom darrem gevoer met kos en snacks so nou en dan

Marthinus W ·

By die G7 nou die dag wou hy sy klere uittrek, om te wys hy’s beter bedeeld as Wladimir Poetin. Miskien was dit die laaste strooi vir sy kollegas…

Linda ·

Wat verwag jy van n derde rangse joernalis by ‘n lokale koerantjie/traktaatjie? Hy moes nooit eers daai posisie vir een dag beklee het nie. Nog ‘n token kandidaat van die NWO wat sy alie sien.

Dries ·

Boris was die sterkste leier op hierdie oomblik in die wereld. Hoop hulle vervang hom met net so sterk leier

Keelvol ·

Wens ek Kan môre oggend lees van die anc wat dieselfde doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.