Ma van sewe verwelkom vyfling

Argieffoto (Foto: esudroff/Pixabay)

Die Pools-Britse ouers van sewe het vyf nuwe babas verwelkom – net betyds vir Valentynsdag. Die ma het Dinsdag gesê sy voel “beter as wat mens sou dink” ná die seldsame swangerskap.

Dominika Clarke, reeds ʼn ma van sewe kinders wat strek van 10 maande tot 12 jaar, het Sondag geboorte geskenk aan die vyfling by ʼn hospitaal in Krakow, Pole.

“Ons wou graag ʼn agtste kind gehad het, maar toe is daar baie meer!” het sy en haar Britse man Vince aan verslaggewers by die hospitaal gesê.

Die babas is op 29 weke deur middel van ʼn keisersnee gebore. Hulle benodig nog asemhalingsondersteuning.

“Ons sien uit na die vreugdevolle oomblik wanneer hulle ontslaan mag word,” sê Ryszard Lauterbach, hoof van neonatologie.

Die kinders, drie meisies en twee seuns, se name is Arianna Daisy, Charles Patrick, Elizabeth May, Evangeline Rose en Henry James.

Clarke het die swangerskap ʼn “wonderwerk” genoem, omdat die hospitaal gesê het die kanse op ʼn vyfling is een uit 52 miljoen.

“As ʼn wiskundige hou ek van hierdie tipe statistiek,” het Clarke gesê. “Ons het ʼn groter kans gehad om die lotery te wen as om dié skare te hê!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Yolandie ·

Ek het nie woorde nie. Dis mos nou belaglik om weer swanger te raak as jy reeds 7 kinders het. Hoe sorg hulle vir al die kinders wil ek weet? Want hier in SA het mense hoogstens 3 kinders miskien. Die ander word betaal om kinders by dosyn te hê waarvoor hulle ‘n R350 grant kry en dan laai hulle die kinders af by ouma en oupa wat op hulle SASSA geld kind moet groot maak terwyl die ouers op straat lê.

Anna84 ·

Hierdie is gelukkig nie jou of Suid Afrika se probleem nie. As hulle soveel kinders kan bekostig, hoekom nie…

Bre ·

Anna84, ek stem 100% saam met jou. Hoekom mense al-ewig hulle neuse in ander se sake steek en kommentaar wil lewer gaan my verstand te bowe.

Seder op die horison ·

Ek dink dit is n voorreg om kinders te hê. ongelukkig het ons opgehou om God te verheerlik deur kinders te hê. Ek haal my hoed af vir ouers wat kinders as n eer beskou.

Patch ·

Ek stem met jou saam en as ouer is dit vir my ‘n eer om kinders te hê en hulle is my alles en ek verheerlik nogsteeds God al het ek twee en daar gestop.
Maar reeds 7 en dan nou nog die 5 by (al het hul net beplan vir nr 8).
Lewenskostes is so duur, ek weet nie eers hoe gesinne met 3 kinders oor die wegkom nie. Ons is ‘n middelklas gesin en moet ons sente twee maal omdraai. Jy moet ‘n hengse salaris verdien om 7 (of dan 12) te kan groot maak al kry mens ‘n subsidie daarvoor. Miskien is skoolopleiding en medies in Pole iets wat die staat betaal en daarom is dit nie ‘n probleem daar nie.

ONTPS ·

12 kinders, waarvan die (vorige jongste) nou eers 10 maande is? Ek hang myself aan die naaste roosboom op

Anna84 ·

Lekker lag ek nou vir jou. Alhoewel ek hulle die kroos gun, hardloop ek ook baie ver weg.

Robert ·

Sjoe!!! 12 is seker nie kinderspeletjies nie!! Nogtans baie geluk aan die ouers!!!

Kirst ·

Reese Witherspoon word aangehaal dat indien jy nog nie op jou kinders geskree het nie, jy nie genoeg tyd saam met hulle deurbring nie.
Mens leer ook baie by kinders, bv hoeveel geduld jy het. Ek glo nie mens moet op kinders skree nie, maar my twee het my aansienlike geduld al baie getoets. Ek wil nie eers dink aan drie nie, 12 sal my laat stert tussen die bene steek en die hasepad kies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.