Man sterf saam met sy vrou toe hy haar wou red

Johnny en Teresa Hatley

Johnny en Teresa Hatley

ʼn Man het die afgelope naweek ʼn hartaanval gekry en is dood toe hy probeer het om sy vrou met KPR by te bring.

Johnny Hatley (67) het Sondag sy vrou, Teresa (66), bewusteloos op die vloer in hul huis in Stanly, Noord-Carolina, aangetref, berig die Stanly News & Press.

Hatley het met KPR begin, maar Teresa was vermoedelik reeds dood.

Paramedici het aan die familie gesê Johnny het ʼn hartaanval gekry terwyl hy Teresa wou bybring.

“Hy kon klaarblyklik nie sonder haar leef nie,” het die egpaar se dogter, Lisa Hammill, gesê.

Die egpaar was welbekend in die gemeenskap as die eienaars van die Fast Stop-winkel. Die familie het aan die koerant gesê Johnny het 41 jaar gelede die winkel gekoop en hy en sy vrou het intussen ʼn lojale kliëntebasis opgebou.

Hulle was 31 jaar lank getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dita ·

O dit is verskriklik hartseer! Ek hoop daar is ‘n hemel en dat hulle nou saam daar is!

Lala ·

‘n Ware liefdesverhaal. Selfs die dood kon hulle nie skei nie. Sterkte aan hul kinders.

EwigeLewe ·

Daars beslis n hemel. Hartseer maar onvoorwaardelike liefde

Gatiep ·

Ek het my vrou bitter lief en sou ook so wou gaan…

Dis egter bitter sad….ware liefde is n wonderlike ding.

Wenner ·

Dita DIta Dita. Dit BREEK my hart om te lees dat jy net HOOP daar is n hemel! Ek wens ek kon jou teen my hart vasdruk en sê: Maak REG met die Here my dierbare mens! Die Wederkoms vd Here is sooooo naby! Ek wil jou sooo graag in die hemel sien eendag! Probeer die boek: Die hemel is n werklikheid, in die hande kry. Dit sal jou regtig “omswaai”

LB S ·

Wenner, alhoewel ek ook vir Dita graag wil vra hoekom sy dan nog twyfel moet ek egter vir jou ook vra om hierdie boek se naam te Google en volg die link van die “belindapaar” wat meld van die probleem daarmee en lees hoe teenstrydig met die Bybel hierdie boek waarvan jy praat, is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.